Stasiebevelvoerder in hegtenis vir moord

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

ʼn Oos-Kaapse polisiekaptein en stasiebevelvoerder is Saterdag op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Robbie Raburabu, Opod se woordvoerder, sê die kaptein word daarvan beskuldig dat hy ʼn 33-jarige man vermoor het. Die kaptein het die 33-jarige man na bewering daarvan beskuldig dat hy by sy huis ingebreek en sy selfoon en skootrekenaar gesteel het.

Die voorval het in Lingelitsha naby Berlin in die Oos-Kaap plaasgevind.

Volgens Raburabu het lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum die kaptein glo gehelp om ʼn paar moontlike verdagtes in verband met die beweerde diefstal op te spoor.

Dis toe dat die kaptein een van dié verdagtes na bewering aangerand het.

“Nadat die oorledene aan sy beserings beswyk het, is sy liggaam op ʼn openbare pad gegooi.

“Opod is van die voorval ingelig en het ondersoek ingestel. Die kaptein is dieselfde dag as die voorval in hegtenis geneem en word by die Berlin-polisiestasie aangehou.”

Die kaptein sal binnekort op aanklag van moord in die plaaslike landdroshof verskyn. Die ondersoek duur intussen voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Casper ·

Daar was ‘n paar verdagtes geïdentifiseer,hoe is hy so seker wie die skuldige is.Jy mag nie reg in eie hande neem nie kaptein en dit weet jy tog maar ja jy is gefrustreerd oor die misdaad in ons land

Realis Thailand ·

Gee my eerder eendag n artikel wat se dat daar geen polisiebeampte vandag in hegtenis geneem is of n misdaad gepleeg het
Dag na dag pleeg die polisie misdaad

ES ·

Mense – selfs polisie – is siek en sat vir misdaad. Hulle weet self dat booswigte binne ‘n kort tydperk uit die tronk gaan kom.

Danie ·

As die polisie kaptein net so uiwerig was om die gemeenskap te dien.

domheks ·

Die range word darem maklik toegeken! Maar dis goed hy voel hoe die burgers daagliks oor misdaad voel. En NIKS mag doen aan die skurke nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.