Strubenkop-inwoners speel klaar met vandalisme

(Foto: Verskaf)

Die gemeenskap van Lynnwood in die ooste van Pretoria het Saterdag – net betyds vir die Bokke se halfeindstryd teen Engeland – ʼn gevandaliseerde muur naby die Israelse ambassade in Kings Highway in ʼn bemoedigende boodskap vir die Springbokspan in Frankryk omskep.

Te midde van die voortslepende konflik tussen Israel en die Palestyne is slagspreuke op ʼn muur by die ingang van die Strubenkop-sekuriteitsdorp vandeesweek aangebring. Die sekuriteitsdorp is langs die ambassade geleë.

(Foto: Verskaf)

Die seeroog is vanoggend aanvanklik net wit geverf voordat daar besluit is om dit in die gees van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in te kleur met alles eg Suid-Afrikaans.

ʼn Lid van die gemeenskap, wat verkies het om anoniem met Maroela Media te gesels, sê lede van die gemeenskap het aanvanklik die betogers se rommel opgetel voordat daar besluit is om die muur te verf.

“Dit is maar net om die gees van die gemeenskap uit te bring en te sê ons staan saam en kan van iets negatief iets positief maak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.