Studente vergader oor Tuks-taalbeleid

Skermskoot uit @epignostic se video op Twitter

Skermskoot uit @epignostic se video op Twitter tydens die openbare vergadering op 18 Februarie 2016 oor die taalbeleid by die Universiteit van Pretoria

Streng sekuriteit is Donderdag op die hoofkampus van die Universiteit van Pretoria toegepas tydens ʼn openbare vergadering om die universiteit se taalbeleid te bespreek.

ʼn Groot hoeveelheid studente het by die vergadering opgedaag en sekuriteit en polisiebeamptes het streng beheer uitgeoefen dat die skare nie oproerig raak nie. Talle lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het hulself teen Afrikaans as onderrigtaal uitgespreek.

Prof. Cheryl de la Rey, visekanselier van die UP, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die universiteit se taalbeleid word tans hersien. “Die hersieningsproses het in Februarie 2015 begin in die lig van die veranderende studentedemografie en om die universiteit by te staan om akademiese sukses vir studente te verseker,” het sy gesê.

Die verslag van die taakspan, wat aangestel is om die taalbeleid te ondersoek, is op 27 Februarie 2015 by die senaat bespreek en dié verslag word tans met studente en fakulteite bespreek. “Ná die konsultasieproses sal die Raad die voorstelle vir ʼn toekomstige taalbeleid oorweeg.” De la Rey het dit benadruk dat enige veranderinge aan die taalbeleid in ooreenstemming met die betrokke wetgewing gedoen sal word, aangesien die taalbeleid ʼn statutêre saak is wat aan die minister van hoër onderwys voorgehou moet word.

Intussen het die vakbond Solidariteit vandag in ’n skrywe aan Kabelo Mahlobogwane, die EFF-voorsitter by die Universiteit van Pretoria, gewaarsku dat hy regstappe sal doen indien die party môre, Vrydag 19 Februarie, met sy beplande kampusbetoging voortgaan om die Universiteit van Pretoria (UP) in Mahlobogwane se woorde “onregeerbaar” te maak.

Volgens Johan Kruger, adjunk-hoofsekretaris van Solidariteit, is die uitspraak deur Mahlobogwane gevaarlik omdat dit ander aanhits om ’n misdaad te pleeg. “Deur te stel dat ’n instansie onregeerbaar gemaak sal word, word daar geïmpliseer dat die instansie deur die gebruik van geweld, wat onder andere kwaadwillige beskadiging van eiendom insluit, gedwing sal word om sy bedrywighede te staak,” het Kruger gesê.

Volgens Kruger is die vakbond verder ook bekommerd oor die veiligheid van die personeel en ander studente op die kampus. “Baie van UP se personeel is ons lede en dit is ons plig om te verseker dat ons lede se veiligheid by hul werkplek verseker word,” het Kruger gesê. “Personeel op die kampus het die reg om te werk en die reg op die veiligheid van die persoon. Só ’n aksie sal direk inbreuk maak op hierdie regte,” het Kruger verduidelik.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kaspaas ·

Tragies – omdat seker mense te dom is om Afrikaans te verstaan, en hulle geweet het die taal medium is Afrikaans, word die wat wel kan Afrikaans/Praat en verstaan deur hulle geintimideer ? Hoekom het die wat nie die verstandelike vermoe het om Afrikaans te kan verstaan nie, dan nie na Engelse Universiteite toe gegaan nie ??

Johan 2 ·

want die Engelse opleidingsentrums is niks werd nie. Hul is blind van rassisme teen ons Afrikaners en die politisie misbruik dit deur n gemene veihand te skep….soos nog altyd. Net jammer die linkses verstaan dit ook nie. Hul sal agteroorbuig tot hul breek, ons sal maar moed weerstand bied (soos nog altyd).

Irene ·

Die eff probeer alles van die witmense weg te neem hy is gemeen niks behoort aan ons mense die Here het ons wit gemaak en a taal gegee hy glo nie aan God nie hy is a stuk gemors vir die samelewing in S A wat jy saai sal jy maai

DPJ ·

Geen student/e het die reg om ander te intemideer om sy/haar politieke doelwit te beryk nie.
Wat van ons Grobdwet?
Knap gedaan Afriforum.

Izzy ·

Dankie Afriforum.

Laat dit net weereens ‘n bewys wees aan studente (en hulle gesinne) wat wel na ‘n universiteit kom wat wil studeer……ondersteun Afriforum!!!

Dring daarop aan om jou lesings, literatuur, referate ens in Afrikaans te kry en te doen. Indien elkeen van ons dit nie doen nie, moet ons nie later huil en klae daaroor as dit HEELTEMAL weg is nie. Hierdie taal beleid gaan oor meer as net die nou en vandag…..dit gaan oor TOTALE afstel van Afrikaans vir ALTYD op die kampusse. As dit weg is, is dit WEG!

Topster ·

Bou n kampus waar wit studente in afrikaans kan studeer sonder om gehinder te word maar sorry dan is dit weer rasisties Nee wat alles gaan vir n bol

hans ·

Deur die kwotastelsel en verskillende toelatingsvereistes is dit moontlik om die demografiese saamstelling van n universiteit/kampus vinnig ingrypend te verander. Oor n aantal jare het dit toenemend gebeur dat as paar Engelssprekendes in n klas aandui dat hy/sy nie Afrikaans verstaan dan verander die onderrig medium dadelik na Engels. Die voorafgaande is nasionale minister se opdrag dat niemand kastig van onderrig uitgesluit mag word nie en skynbaar maak dit nie saak dat Afrikaanse studente benadeel word nie.

Michael ·

Die Afrikaanse kinders betaal om te studeer nou word hulle verhinder deur arrogante leë blikke wat net geraas maak en bakhande staan om iets te ontvang waarvoor hulle in elk geval te lui is om voor te werk,en die DA sê niks ek hoop die Afrikaners wat vir hulle wil stem in die komende verkiesing neem kennis hiervan

FM ·

Akademia is oop vir Afrikaanssprekende studente van alle rasse, as ek dit reg het. Dis mos die ideaal. Maw die wat in Afrikaans wil hê, doen so. Eff as jy in AFRIKAANS wil klas hê, is jy mos welkom as jy jou soos n mens sal gedra en ek dink die Afrikaanssprekendes sal jou nie pla nie. Maar nzimande sal seker nou wil poog om kwalifikasies wat aan Akademia behaal is, ongeldig wil laat verklaar. Hy moet maar “try”. Sal nie vêr kom met sy politiek nie. Viva AFRIKAANS!!!!!!

sjoepid ·

hulle sal vernietig en amok saai totdat hulle tot verantwoording geroep word en deur die gereg gedwing word on the betaal vir wat hulle verwoes het. tersiere opleiding,baksteenhuise, lopende water end effektiewe munisipale dienslewering is luukses wat teen vergoeding geskiet. will gratis universiteits opleiding he maar verwag die skoonmakers moet vaste aanstellings met Groot salarisse kry. die moet daarvoor betaal? jaag julle weg.

sandri ·

As hulle so teen Afrikaans is,wat soek hulle NY Afrikaanse instellings en skole? As die EFF so gesteld is op anti Afrikaans kan hulle mos Zulu, Khoza, Venda universiteite gaan bou. As die witman Se taal so walglik is bly weg van die universiteite en skole wat die witman gebou het. hoekom is daar nie universiteite in Soweto, Garankulu, Crossroads en Mamilodi nie? Te bang om die vandale op hulle die drumpels te he?

THEA SWART ·

wil net graag weet die 27 Feb moet nog kom of is ek die enigste een wat ‘n verkeerde almanac het?

Sune van Heerden ·

Dagsê Thea

Ons vra om verskoning indien dit nie duidelik was uit die berig dat ons verwys na 27 Februarie 2015 nie.
Ons voeg die jaartal by.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

sanè ·

Jy kan vir hulle alles gee. Die land. Al die grond in SA. Al die werksgeleenthede. Engels as voertaal maar steeds sal hulle ontevrede wees en amok maak. Alles verbrand en vernietig. Die klomp wat hulle so opgevoed en gepoleer voordoen skuil onder ń dun lagie. Jesaja 54:16. Ek het die verwoester geskep om af te breek….

Danie ·

Ek verstaan nie hoekom byde partye so aangaan nie, die een groep se die ander is dom want hulle verstaan nie afrikaans nie, dan se die ander groep weer nee julle is dom want julle verstaan nie engels nie. Julle se die selfde goed oor en oor. Is julle afrikaner skap so swak dat as jy engels praat gaan jy dit verloor. Is dit so groot probleem om in een algemene taal onderig te word. Soveel geld kan bespaar word, want jy het net een lektor nodig, kyk na die groot prentjie. My kind is afrikaans en loop klas in engels. En ek het nog geen veskil gesien in haar afrikaner skap nie.

Thuunda ·

Danie, die issue is nie Afrikaans nie, maar Afrikaners. Hierdie is net nog een instelling wat hulle he moet val, laaste sal hulle vir JOU en jou kinders kom.

Maak jou oe oop vir die groter prentjie.

Theresa B ·

Dis waar Danie. Altwee my kinders is Afrikaans en het hul studies in Engels voltooi. Genade tog – ek dink drie kwart van die spul weet nie eers hoekom moet hulle daar gaan verwoesting saai en amok maak nie. Maar almal is daar (want glo my hulle is aangesê en geintimideer om daar te wees) en natuurlik om op TV te wees is “grant”. Hemel ons land word darem verwoes deur al die geweld. Maar in hulle kultuur werk alles mos so – alles moet met geweld gepaard gaan. Dit dring nie tot hulle deur dat al die geweld verniet is en dat alles net meer geld kos…………………………………

Salome ·

Die mense wat so kla dat ander te dom is om Afrikaans te praat, moet onthou dat hulle dan ook seker te dom is om Zoeloe /Xhosa enste praat… oor en weer modder gooiery maak altwee partye vuil. Niemand stap ongeskonde daar uit nie.

m ·

wag maar die groot sports kom nog. Wag tot al hierdie goed gratis kan swot dan gaan hulle in busvragte afgelaai word by hierdie universiteite vir registrasie. Hulle het mos nou hulle sin gekry met die “fees must fall” dan gaan jy sien hoe baljaar hulle op hierdie kampusse.

Essie ·

Die klomp weet almal hoe tegnologie werk. As hul werkstukke in Afrikaans kry kan hul dit mos “translate” na Engels of na enige van hul tale. Hul is mos intelligent of hoe?!!

Vixie ·

Dankie tog, my kinders het klaar studeer. Maar hulle het altwee na ‘n Engelse privaatskool toe gegaan, want ek wou gehad het hulle moes behoorlik voorbereid wees vir die besigheidswereld. Maar dit was my keuse en net soos dit my keuse was om dit so te doen, moet ‘n kind wat verkies om in Afrikaans onderrig te word, ook daai keuse kan maak. Is demokrasie dan nie juis om te kan kies wat jy wil he en wat vir jou werk nie?

hans ·

Kyk asb na bladsy 6 van vandag se Beeld. Die student wie die vieslikheid oor die afrikaanse taal skryf moet identifiseer word en met die wetboek gegooi en ook krimineel vervolg word. Sou n afrikaanse student dit oor enige van die ander tale geskryf het sou dit n opstand veroorsaak het. Die Rektor moet die student permanent uit die universiteit skors. Hans, Pretoria

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.