Swaar straf ná hy plaas se besproeiing beskadig

Rethabile Tsemane is vandeesweek in die Ceres-streekhof gevonnis. (Foto: Facebook)

Rethabile Tsemane (30), ʼn Lesotho-burger, is vandeesweek in die Ceres-streekhof tot 12 jaar agter tralies gevonnis nadat hy groot skade aan ʼn plaas se besproeiingstelsel aangerig het.

Tsemane is in die dorp se streekhof skuldig bevind dat hy die besproeiingstelsel van die plaas Vergenoeg se elektriese drade geknip en skade van meer as R100 000 aangerig het.

Tsemane is boonop onwettig in die land.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, sê Tsemane het in sy pleit-en-vonnisooreenkoms erken dat hy verby die pomphuis op die plaas in die Ceres-gebied gestap en besluit het om van die kabels te steel om te verkoop.

Die plaasbestuurder het hom op heterdaad betrap terwyl hy besig was om die kabels te sny en het die polisie ontbied.

Hy is aangekla van die peuter, beskadiging en vernietiging van die plaas se noodsaaklike infrastruktuur wat gebruik is om bome en gewasse te besproei.

Die skade het nagenoeg R117 000 beloop.

Tsemane is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die skade aan die infrastruktuur, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis omdat hy die land onwettig binnegekom het.

Die hof het gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien word.

Die staat beweer dat hy wederregtelik en opsetlik met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter en dit beskadig en vernietig het, deur elektriese kabels wat deel uitgemaak het van die waterstelsel vir bome en gewasse op die plaas te sny.

Tsemane het ook geweet dat dit noodsaaklike infrastruktuur is vir die voorsiening van elektrisiteit aan die pomp wat deel vorm van die besproeiingstelsel van die plaas.

Adv. Nicolette Bell, Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging, het die vonnis verwelkom en sê skade aan noodsaaklike infrastruktuur kan reuseverliese veroorsaak, veral op plase waar dit uiteindelik kan lei tot die vernietiging van gewasse van miljoene rande, voedseltekorte, werkverliese en ʼn styging in kospryse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Papsak ·

Ja ek stem maar fie regering en Ramaphosa sien niks raak nie vir hulle is dit nou maar reg so hy kom oor die grens en kom flip die boer se goed op is dit reg aanvaarbaar NEE !!!!!!

Jacques ·

Hey’t, as die boer hom in enige van die ander provinsies betrap het sou daar ń magdom polisie op die boer se plaas opgedaag het en die boer arresteer het.

Owlie ·

Wow fandslisties en onwettig.
Daar moet dalk grkyk word hoe het al hierdie onwettiges oorspronklik ons land binne gekom

Aggie ·

Hierdie vonnisse wat gelyklopend uitgedien word, is besig om ‘n euwel in ons regstelsel te word. Dit bevoordeel net die misdadiger en NIE die land nie!

Di ·

Daar is miljoene van sy soort in ons land. Aaron Motsoaledi het openlik in ‘n onderhoud erken dat hulle GEEN IDEE het hoeveel omwettige immigrante in die land is nie, maar hy skat dis MILJOENE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.