Talle ‘rassiste’ aangekla oor Diwali-uitlatings

Argieffoto

Argieffoto

Die DA, ANC en IVP het onderneem om aanklagte aanhangig te maak teen mense wat glo rassistiese aanmerkings op sosiale media gemaak het rakende Diwali-vieringe.

Haniff Hoosen, die DA se voorsitter in KwaZulu-Natal, het gesê hy gaan aanklagte aanhangig maak teen Dawie Kriel van Bluff.

Kriel het glo op Facebook-geskryf: “To those idol worshippers and devil disciples who buy them in the name of religion, p*ss- off to your dark hole in the backwoods of India you d*ckhead.”

Volgens Hoosen is die inskrywing haatdraend en sal die DA ʼn aanklag van crimen injuria teen Kriel aanhangig maak.

East Coast Radio berig dat Kriel die inskrywing vinnig verwyder het en om verskoning gevra het. Hy het gesê hy het die aand met troeteldiere gewerk wat deur vuurwerk geaffekteer is. “Ek was so emosioneel toe ek die inskrywing gemaak het. Ek het dit vinnig uitgevee, maar dit was te laat. Ek verstaan dat dit pyn en woede veroorsaak het, maar ek wil ook graag hê hulle moet my pyn en woede verstaan toe ek met die diere gewerk het,” het Kriel aan die radiostasie gesê.

Mdumiseni Ntuli, woordvoerder van die ANC, het gesê die party sal aanklagte teen verskeie individue aanhangig maak. Hy het nie gespesifiseer teen watter individue die aanklagte aanhangig gemaak gaan word nie.

Die IVP het intussen ook Kriel se uitlating veroordeel.

Die Daily News het intussen Dinsdag berig dat 43 troeteldiere by die DBV in die Kloof-area ingehandig is en dat twee honde dood is weens dié vieringe wat met vuurwerk gepaardgaan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Jakobus ·

Diwali, Haloween, Guy Fawkes, Nuwejaar. As mens nie verdraagsaam met ander se gelowe, kulture en gewoontes/gebruike is nie, gaan woon liewer op ‘n plek waar jy gemaklik voel.

Vuurwerke en die teenkanting daarteen deur diereliefhebbers, organisasies en ander groepe kom al ‘n baie lang pad en dit sal elke jaar prominensie kry rondom daardie dae. Waarom vuurwerke nie toe-en-taal verbied word nie, weet nugter.

Anoniem ·

Sjoe, maar hulle is vinnig as wit man iets te sê het oor iemand van ander kleur.

Alle gelowe word deesdae in die media gerespekteer, behalwe Christenskap. Jy sien gereeld seenwense vir belangrike datums in ander gelowe, maak niks seenwense vir belangrike dae in die Christen geloof nie.

Al dae wat hulle belangstel in is die dae wat komersieel geword het en waar hulle kan geld maak uit.

Wit, afrikaans, Christen het nie plek in hierdie land nie en moet permanent onverskoning vra

Griet ·

Ek hoop die “aanklagte” teen Mnr Kriel word ondersoek met presies dieselfde ywer en middele as wat die aanklag van die onwettige skiet van vuurwerke ondersoek sal word. WTF!!! Die skiet van vuurwerke in SA is ONWETTIG indien dit nie onder sekere bepalings en voorwaardes geskied nie. Kan al die betrokkenes bewys dat die bepalings en voorwaardes tot op die letter nagekom is??!!

se net ·

Dit gaan nie regtig oor die kleur of geloof van die persoon wat die vuurwerke geskiet het. Dit is die feit dat wie ook al dit was geen ag gehad het vir die diere nie. Dit het letterlik soos bom ontploffings hier by ons geklink tot baie laat. Die polisie het nie eers hulle fone opgetel nie. Daar is mos wetgewing oor die vuurwerke en dit was oortree. My vraag is wat word daaraan gedoen Mnr. DA en Mnr. ANC? Ons honde was in n toestand. Ons erf het skade gehad oor die paniek wat die vuurwerke veroorsaak het. Dit is net onaanvaarbaar. Dit is nie net mense wat Diwali vuur wat vuurwerke skiet nie so om dit n rasse ding te maak is ook nie reg nie. Maar genugtig mense! Kon julle nie hoor en sien hoe dit die diere onstel nie? Mense met klein kinders kon hulle nie laat slaap nie en my jarige het die heeltyd haar ore toe gedruk. So haat uitspraak in die Facebook Blad was nie reg nie, maar sekerlik kon mense bietjie ook vir hulle self dink.

Columbiana ·

Vryheid van spraak SA weergawe:
Sê wat jy wil solank jy sê wat ek wil hê jy moet sê hoe ek wil hê jy moet dit sê.

Otter ·

Hulle pik altyd om die minderheid – tipiese boeliegedrag.

Jean ·

MAAK EERDER SAKE TEEN DIE VUURWERKE WAT ONWETTIG GESKIET word, as wat julle dit nou weer ‘n rassistiese issue maak. EK is al KEELVOL Vir rassisme. VUURWERKE is ook veronderstel om onwettig te wees, maar die DIWALI gangers ignoreer dit, maar nou konsentreer ons weer op die een of twee oukies wat ‘n ‘rassistiese’ aanmerking gemaak het. Los nou die rassisme en vat verantwoordelikheid vir julle dade. Vuurwerke het duisende diere en tientalle kinders se lewens al ge-eis .. los dit nou, word groot en vier dit met iets anders. RAS word neerens genoem nie, dit is verseker nie RASSIME Nie. HOEKOM VEROORDEEL DIE SO-CALLED POLITIEKE PARTYE NIE VUURWERKE NIE?? Diere word uitmekaar geskiet, hule sit vas in heinings, spring oor palisades, VEROORDEEL eerder die vuurwerke.

Vivian ·

Ek weet nie. die ou het dit afgehaal toe hy agterkom ander is ontsteld daaroor. Dit beteken hy het n gewete. wat van al die swart mense wat haatspraak op die witmense toepas? Wanneer gaan al die partye opstaan teen dit? Maar laat net n witmens so iets doen sit hy gou in die hof. Ek sou ook ontsteld wees as dit my diere is wat so moet swaarkry.

Karma ·

Ja??? En waar is die DA en ander politieke partye asook die MRK met die gevalle onlangs waar daar hardop geskree is “All whites must be killed” en “F*** All Whites”? Wat die ou gesê het – oor die mense se geloof, dat hulle moet teruggaan na hul ‘donker gate’ in Indië e.d.m. – is BAIE BESLIS NIE REG nie. Maar dat hy opgekom het vir iets WAT TEEN DIE WET IS en vir diere regte, is ongetwyfeld gegrond. Maar nee, nou SAL die DA mos sy eie mense verraai – DIS WAAROM EK NOOIT OOIT OOIT WEER VIR HULLE SAL STEM NIE. Hulle verloën hul eie mense.

Manie ·

Ek is ook siek vir die politieke partye veral DA vir sy selektiewe ras beheptheid. Geen woord toe die SR lid van Tuks praat van witmense doodmaak. Hoor hy het nog nie n dissiplinêre verhoor gehad. Was hy wit sou DA en ANC sorg dat hy voor n hof kom. Stop julle politiekery wanneer dit kom by rassisme. Almal is nie so onnosel om te sien waarmee julle besig is

Johann ·

As mense in ‘oop’ gemeenskappe bly (noem dit multikultureel as jy wil), waarom nie ‘neutrale’ wetgewing en regulasies instel nie, wat die inwoners aan gehoor moet gee, ten einde alle kulture binne daardie gemeenskap te akkomodeer. (Jig, hier kom apartheid weer!! word geskree.) Die regering verseg mos dat daar sekere gebiede vir net sekere groepe moet wees, maar dan is daar nog heelparty groepe/kulture wat dit verkies om in eie gemeenskappe te bly, ek kan aan heelparty name en plekke dink (vergeet nou maar eers van Orania). Laat elkeen dan sy kultuur, gebruike en gelowe binne daardie gemeenskap uitleef. Anders, soos hier voor genoem, kry wetgewing in plek, dat een groep se gebruike nie teen ‘n ander se waardes en gebruike indruis nie, anders gaan jy elke nou en dan voorvalle soos die bogemelde kry. Nou vra ek, hoe doen mens dit?

Karma ·

Baie waar, Johann, baie waar wat jy hier bo sê. Op ons plaaslike misdaadaanmeldings FB-blad was daar juis vanoggend weer iemand wat gesê het dat ‘n sekere probleem veroorsaak word deur gemengde woonbuurte ‘toe te laat’. Nou, die Groepsgebiedewet is – ek dink – al in 1984 geskrap en daar is steeds mense wat dink dat swartmense nie in kleurlingwoongebiede en wit mense nie in Indiërwoonbuurte kan/mag/moet woon nie?

Piet ·

Anoniem jy slaan die spyker op die kop. Maroela media wat self kastig gegrond is op Christelike beginsels verwyder sonder enige uitsondering enige aanhalings uit die bybel uit, toets dit gerus self. God self het mense veroordeel, as mens dit egter durf waag om sy aanhalings te publiseer word jy uitgekryt as radikaal, rassisties,verkramp en ‘n hele aantal ander skelwoorde.

Ekwilibrium ·

Die punt is dit was baie dom van mnr. Kriel om so ‘n skrywe op sosiale media te deel. Wat het hy gedink gaan gebeur? In ras-sensitiewe SA het hy nou vir homself ‘n reuse lat gepluk en die poorte van stereotipering teen ons net verder verwyd. Ek stem saam dat bomklappers en ander harde vuurwerke verban moet word; ek het self ‘n staffie-corgi kruising gehad wat manies van vrees was tydens klapper skietery. Volgens Indiër kennise van my met honde is Diwali ‘n ligfees; d.w.s. hulle skiet kleurvolle vuurpyle, nie bombarderende klappers nie. Maar ongelukkig is daar goppe in elke kultuur wat sake vir die res versuur…

Johann ·

DEMOKRASIE: my reg/voorreg om te assosieer/disassosieer t.o.v denke, dade, etc en die reg/voorreg om my KEUSE prakties uit te oefen, baseer op n beslisde wedersydse RESPEK en VERANDWOORDBAARHEID binne “demokrasie”. Wel dit was nog altyd my perspektief, maar blyk my as n blanke persoon dit durf hierdie asosiasie/disasosiase uitleef word DEMOKRASIE gespel. R.A.S.S.I.S? Gaan ek ophou om my te asosieer/disasosieer? NIE N MANIER NIE! Gaan persoonlikhede aan die “ander ” kant van my KEUSE ophou om die rassis klippe te gooi? Wie weet…? Wat wel DAGLIG DUIDELIK is: is dat R.A.S.S.I.S.M.E n lekkwr verskoning geword het vir wanneer jou “kultuur” nie noodwendig as n verskoning vir wetteloosheid; selfsug; disrespek; domastrantheid;;;;;; gebruik kan word nie.

Piet Pompies ·

Maroela Media se beriggewing is van goeie gehalte, die instansie is sekerlik nog jonk in die bedryf maar kan hul self ‘n klop op die skouer gee.
Ons self het nog in die week saam met ‘n ander gesin gesit en gesels in ‘n openbare plek, die man se taal gebruik het veroorsaak dat ek my kop in skaamte laat sak. Sy opmerkings teenoor ander mense is bar, aanvallend en ras gedrewe.
Die gesin het geen visie vir die toekoms, kort termyn of lang termyn. Persoonlik dink ek daar is nog heelwat mense in SA wat met dieselfde problem sit.
Die beste raad is, verbreed jou horison, raak betrokke…

Leonie ·

Ek stem saam met jou Anoniem, jy slaan defnitief die spyker op die kop. Nou tree die DA ook sommer in. Al wanneer die wittes vir hulle iets beteken is met Verkiesingstyd, verder kruip hulle so by die ander rasse net om goed te lyk. My honde en ek self hou gladnie van die geluid van vuurwerke nie. Die wat mooi patrone maak is stunning maar verban net daai bom klappers.

Ekwilibrium ·

Ons kan onsself daai vraag vra tot ons blou is in die gesig; ons weet al lankal ons word gemarginaliseer en dis ongelukkig hoe dit is. Die punt is ons weet van beter as die massas. Moenie spuwende kommentaar op sosiale media plaas nie; veral nie na ‘n paar drankies nie!!

CommentQueen ·

Julle kan my nou maar slegsê soos julle wil… dis tog waarom hierdie Mnr. Kriel in die moeilikheid is – omdat mense ander kan slegsê en vloek soos hulle wil….
Julle bly nou hammer op :
1) hoekom mag swartes lelik praat maar nie ons wittes nie?
En
2) ons Christine mag niks sê nie maar ander gelowe mag….
Wel… 1) as wit Afrikaner Christen moet ek myself BETER hanteer as ander gelowe en rasse. Ek moet nie doen wat ander doen nie. Ek moet doen wat Jesus doen….en Hy sal nie mense slegsê en vloek nie. 2)ander gelowe staan sterk en doen wat van hulle verwag word. Hulle doen dit met oorgawe – Christine raak afgewater en almal kry die skult behalwe “ek self”
Hou op kla en kerm en slegsê en haatspraak versprei. Hou op om die Regering en ander rasse en ander gelowe die skult te gee. Gaan staan voor jou spieël en dan sien ons ALMAL waar lê die fout.
Dis tyd dat ons begin selfondersoek instel en ophou foutvind by almal wat nie Wit en Afrikaans is nie.

LOL ·

Is jy wit en Afrikaans? Wat werk die SKULT en HAMMER en CHRISTINE woorde dan? Hoekom moet die wittes hulleself altyd beter hanteer as die swartes, is dit opsigself nie ook rassisme nie? Sê jy dan nie juis dat wit Afrikaners dan beter as ander is en hulleself gevolglik beter moet gedra nie? Pasop dat jou eie preek jou nie pootjie nie.

Anoniem ·

Ek stem saam met jou dat as jy jouself ‘n Christen noem moet jy selfondersoek doen en seker maak dat dit skoon is voor jou deur en dat jy lewe volgens jou Christelike waardes.

Ek sê nie wat Mnr Kriel gedoen het is reg nie. Die probleem kom in dat die reg net een kant toe werk. ‘n Wit persoon raak iets kwyt en die hele land val inmekaar oor hoe rassities die persoon is. Ek stem saam dat sulke uitlatings nie geduld moet word nie. Nou aan die ander kan, indien ‘n nie-blanke persoon so iets kwyt raak dan word daar niks van gehoor nie. Al wat ons vra is dat alle persone gelyk hanteer word.

Staan ‘n wit persoon op en sê hy is trots om wit te wees, is hy ‘n rassis. Staan ‘n swart persoon en sê hy is trots om swart te wees word hy geprys omdat hy in homself glo en sy kultuur glo.

Leendert ·

Meeste van die probleme, by verre die meeste, is te wyte aan hoe die land bestuur word. As dit reggemaak word, sal rasse meer verdraagsaam teenoor mekaar wees. Maar ons wil mos als in een pot gooi. Ons bragg daarmee dat ons ‘n reënboognasie is/was, sonder om die diversiteit in ag te neem. Hoe kom stadsrade, dorpsrade edm by hul antwoorde uit? Skree die meerderheid net die ander stil, of word hulle net geignoreer?

Ronnie ·

Ek wonder nou net: Wat het toe van mnr Tlou, wat meen dat witmense gemuteerdes is, geword? Vir diegene wat nie weet wat die hoofsaaklike doel van mutasies is nie: dit is om organismes beter te laat aanpas by die omgewing.

Frans C ·

As hul net so gretig was om die land se ekonomiese probleme op te los as wat hul is om mense oor onbesonne uitlatings vervolg so die land nie op die randjie van rommelstatus gestaan het nie.

Is die uitlating nou meer rassisties as die dreunsang van “kill the farmer, kill the Boer’ bring my masjiengeweer’ ?

John ·

‘n Babelse verwarring is ons voorland en dit gaan toeneem en ons dink ons baklei nog teen ‘land capture’ ~ te laat…

Henk ·

laat ons nou nie doekies omdraai nie, waar is die DA wanneer haatspraak teenoor blankes gebesig word soos die onlangse facebook inskrywing waarin gese word die enigste goeie blanke is ‘n dooie blanke?

Tammy ·

Spandeer jou geld op iets goed. Skenk die geld vir liefdadigheid, of n ouetehuis. Daar is GEEN klas daarin om vuurwerke te skiet nie. Ag nee man, dis mos “commin”. Daar is soveel beter dinge om te doen, Maak nie saak wie of wat jou status is nie. Bly weg van vuurwerke af dit trek jou af grond toe!!!!

Johan ·

Waar is die DA en al die ander partye toe die Tlou vent sy uitlaatings gemaak het?Die rassities ding is net eensydig…..dis hiekom daai nuwe wet nie gaan werk nie……kan maroela dalk opvolg gee oor die tlou ou? Wat van die kill all whites ou? Ons hoor niks wat gebeur met die mense nie……news 24 het nie eens berig daaroor nie net maroela het….

Cherokee ·

En verkiesingstyd staan vele van julle in die ry voor Zille se tent.

Jacob ·

Is dit nie opvallend hoe hierdie rassismeklaers doelgeskepte landswette nodig het om hulle self en hulle sogenaamde eer te beskerm nie terwyl hulle in daardie proses self agter die deur staan en ander landswette oortree. Hulle morele waardes en oortuiginsg strek sover as hulle eie wispelturige, selfsugtige en selfgerigte voorkeure. Hoe anders dan as dat dit aan die groot klok gehang moet word vir ‘n dawerende lawaai. Daar is ook nie meer sin daarin om na logika te soek en te vra hoekom word net sekere mense en gelowe gekasty en ander kan doen waar en wanneer hulle wil nie. Ons moet as een voorbeeld, teen wil en dank na die gesanik op groot luidsprekers luister maar wee ‘n orrel wat te hard speel of mense wat omgee teen dierewreedheid van ander en dié se sogenaamde godsdiens rituele. Gaan die rassistiese klagtes oor die hondjie of die halsbandjie ? ‘n Graad Een sommetjie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.