Talle vas tydens operasies in PE

Argieffoto: SAPD

Die teenbende-eenheid in die Nelson Mandelabaai-metro het die naweek minstens 16 verdagtes in hegtenis geneem vir ernstige misdade.

Die eenheid het saam met die metropolisie gefokus op beslagleggings op dwelms en vuurwapens in die noordelike voorstede van Port Elizabeth.

Die 16 verdagtes is in hegtenis geneem op onder meer aanklagte van moord, poging tot moord, verkragting, huisroof, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en dwelmverwante aanklagte.

Volgens kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, is daar op dwelms soos dagga, Mandrax en tik beslag gelê. Daar is ook op vuurwapens en ammunisie beslag gelê.

Die noordelike gebiede van die stad gaan tans gebuk onder ʼn vlaag geweld, veral bendegeweld. Daar is ook verlede naweek talle mense in hegtenis geneem en op vuurwapens beslag gelê.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, het kriminele gewaarsku dat daar nie plek is om weg te kruip nie.

“Ons is besig en sal voortgaan om die bendes vas te vat totdat almal wat in die gebied bly veilig is en voel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Guve ·

Ondankbare mense, wees bly en Bid hul sterkte toe, mooi SAP en Metro, ek is supertrots op jul goeie werk , baie dankie.

Joon ·

Se dankie en se dankie, dit is n stap in die regte righting. Rome is nie in een dag gebou. Hou op met kritiseer en wees dankbaar. Om so te kritiseer wys net watter soort mens jy is. Jammer om te se, maar Niks beter as boewe. Dankie vir goeie werk. Dit word waardeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.