Tanzaniër met R1,8 m. se dagga betrap

Die straatwaarde van die dagga is na raming R1, 89 miljoen. (Foto: SAPD)

’n 58-jarige Tanzaniër is die afgelope naweek in hegtenis geneem nadat hy glo meer as R1,8 miljoen se dagga oor die Groblersbrug-grenspos probeer smokkel het.

Die voorval het Saterdag omstreeks 16:00 plaasgevind.

Volgens brig. Hlulani Mashaba, provinsiale polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang dat iemand in ’n wit Toyota Hilux-bakkie met Gauteng-nommerplate dagga uit Suid-Afrika wou smokkel.

“Die voertuig is by die grenspos se deursoekpunt voorgekeer en deursoek. Altesame 19 sakke met dagga – ongeveer 450 kg – is in die voertuig gevind. Die straatwaarde van die dagga is na raming R1, 89 miljoen. Die polisie het ook beslag gelê op die voertuig wat glo sowat R400 000 werd is.

“Die verdagte is in hegtenis geneem en word by die Witpoort-polisiestasie aangehou.”

Die verdagte sal eersdaags in die Phalala-landdroshof verskyn. Hy staan op aanklagte van dwelmhandel – spesifiek dagga – tereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Kokerboom ·

Verklaar alles verbeurd. Sluit hom toe. Verklaar persoon as ‘n ongewenste persoon
Vind konstante deursoeking op grense plaas of reageer SAPS net op inligting

Aai ·

Wys jou hoe maklik dit is hy steek dit nie eers weg ,seker was sy omkoop geld nie genoeg.

Kensy ·

Baie goeie werk SAPS…. Inligting of nie.
Probeer meer posetief wees.
Sommige mense sal kla oor die grote van die gat in die middel van n donut.
Al die dienende lede is nie korup nie!!!

Kensy ·

Lees gerus ook die berig oor die voertuie wat terug gevind is.

Di ·

Korrupte persone wat op grensposte werk moet geidentifiseer en summier verwyder word. Tyd dat die weermag weer die grensposte begin patroleer. Daar moet sekerheidsklarings gedoen word op ALLE amptenare voordat hulle aangestel word. Selfs die polisiediens het baie lede wat kriminele rekords het.

minnie muis ·

daar word geskuur en skaaf aan nuwe wetgewing sodat mense met tronk rekords weer werk kan kry , was laas week op SAFM radio

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.