Taxistaking: 13 petrolbomme gekonfiskeer

‘n Bus brand Maandagoggend in Khayelitsha. (Foto: Twitter)

Lede van die Wes-Kaapse blitspatrollie wat strategies ontplooi is, het Maandagoggend drie verdagtes in Delft in hegtenis geneem en beslag gelê op 13 petrolbomme.

Beamptes het omstreeks 10:45 ʼn Toyota Quantum-minibus en ʼn motor opgemerk wat ʼn meubelafleweringsvoertuig agternasit. Dit het voorgekom of die bestuurder van die afleweringsvoertuig baie gespanne is en die beamptes het vinnig reageer en verdere bystand versoek.

“Hulle het die 15 sitplek-minibus en motor voorgekeer en dit deursoek,” sê brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie. “Beamptes het op 13 petrolbomme afgekom en die verdagtes is in hegtenis geneem.”

Die verdagtes, tussen 28 en 32 jaar oud, het glo sterk bande met die taxibedryf en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Die afleweringsvoertuig is intussen veilig uit die gebied begelei deur polisiebeamptes.

Stad Kaapstad se wetstoepassers het steeds ʼn sterk teenwoordigheid by brandpunte en die taxistaking word steeds gemonitor.

Maroela Media het vroeër berig die taxivereniging Santaco se beplande staking in die Wes-Kaap is in volle swang en het binne ure reeds verskeie verkeersopeenhopings en die brand van busse en ’n skool tot gevolg gehad. Daar is ook vroegoggend na bewering skote op ’n bus afgevuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nicky ·

Ons kan se wat ons wil maar daar is vinnige optrede en stabilietyd in die Weskaap

Kobus ·

En natuurlik ontken die Taxi base enige betrokkenheid by die verwoesting. Waar is die minister of gaan daar weer vinger na die DA gewys word?

Pierre ·

Taxi’s bly n gemors, geen respek vir niemand en dink hulle is n wet op hulself, hoog tyd dat die regering en provisnies ingryp

Francois ·

Ongelukkig is dit die DA en Kaapstad se eie skuld dat die taxis ook Kaapprovinsie oorgeneem het. Kyk wat gebeur in ander dele van die land. Die is maar net die begin vir die agtetuitgang van die Kaap provinsie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.