Terugslag met Bela-wetsontwerp gee opponente nog kans

(Foto: Pixabay)

Die omstrede Bela-wetsontwerp, wat Donderdag voor die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) bespreek moes word, het ʼn onvoorsiene terugslag beleef.

Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder oor onderwys, sê dit is nie in die voorgeskrewe parlementêre lys vir aankondigings, tertafelleggings en komiteeverslae (ATC) gepubliseer nie wat beteken dat die NRP dit nie vandag kon hanteer nie.

“Alle dokumente vir toekomstige handeling in die parlement moet in die ATC gepubliseer word.

“Die wetsontwerp moet nou eers behoorlik in die ATC gepubliseer word voordat die NRP dit kan goedkeur.”

Boshoff sê daarna moet dit eers na die Nasionale Vergadering (NV) terugverwys word, omdat die NRP die teks wat die NV vroeër goedgekeur het, gewysig het.

“Intussen spoed die huidige parlementêre termyn vinnig ten einde.

“Indien elke tegniese hekkie nie betyds oorgesteek word nie, kan die volgende regering dalk die kans kry om ʼn beter wet te aanvaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lettie ·

Netso GWS. Ons glo ons God (met hoofletter G) luister as ons bid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.