Tiener sterf in botsing

Foto: ER24

ʼn Tienermeisie is dood en ʼn vrou ernstig beseer tydens ʼn botsing Saterdagaand op die N1-Noord in Pretoria.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het kort voor middernag tussen die R21- en Rigel-afrit plaasgevind. Volgens Vermaak het paramedici die wrakke van twee voertuie op die snelweg aangetref.

ʼn Tienermeisie en ʼn vrou, vermoedelik in haar 30’s, was saam in die een voertuig. Daar was niks wat vir die jong meisie gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar. Die vrou is op die toneel gestabiliseer, voordat sy in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas is.

ʼn Man in die ander voertuig het geringe beserings opgedoen en is ook deur paramedici op die toneel behandel.

Die botsing word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.