Ses tieners is Vrydagaand in Durban in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hulle in ʼn skietgeveg met polisiebeamptes betrokke was.
Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring polisiebeamptes van die noorde van die stad het ʼn verdagte motor opgemerk waarna hulle probeer het om die motor tot stilstand te dwing.
Die insittendes van die motor, almal tussen 15 en 16 jaar oud, het egter met die motor weggejaag waarna die polisiebeamptes die motor agternagesit het.
Volgens Naicker het die tieners by Dumisane Makhaye-hoofweg skote op die polisievoertuig afgevuur. ʼn Skietgeveg tussen die twee partye het gevolg en een van die tieners is in die proses gewond.
Die gewonde tiener is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem en sy makkers is op die plek in hegtenis geneem en na die Greenwood Park-polisiestasie geneem waar hulle van poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie aangekla is.
Die tieners is sedertdien in die sorg van hul ouers vrygelaat en sal na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn, sê Naicker. Die gewonde tiener sterk in die hospitaal aan.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Liewe hemel, 15 en 16jariges wat op polisie skiet. Waar kry hulle wapens? en n voertuig? En dan sonder n bestuurders lisensie? Sluit toe sou ek se.
En gaan dit seker wees ” ag shame hul is nog jonk ” of ” Dit is hul omstandighede wat dit veroorsaak het of “Hul is nog jonk en inpilsief” als net om hul so kort en min moontlike straf te gee.
Die ouers moet dit maar ontgeld, hierdie kinders is nog te jonk, Maak net ‘n voorbeeld van die ouers, dit sal al baie help. Geen verskoning dat hulle nie geweet het nie. As jy kinders wil he, gaan dit met groot verantwoordelikheid gepaard.
Die “tieners” moes GLADNIE vrygelaat gewees het nie.Hulle is duidelik reeds harde misdadigers en hoord as sulks tussen ander geharde misdadigers.
Geen disipline veroorsaak die dinge. En nou is hulle maar by ouers vrygelaat.