Tier op vrye voet in Gauteng

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Sasin Tipchai/Pixabay)

Lede van die gemeenskap word gemaan om waaksaam te wees ná ʼn tier Saterdag van ʼn kleinhoewe in die Walkerville-gebied ontsnap het.

Die tier het uit haar hok ontsnap en reeds ʼn 39-jarige man en ʼn hond in die gebied aangeval, sê kol. Dimakatso Sello, woordvoerder van die polisie. “Die publiek word gewaarsku om vir hul eie veiligheid nie die dier te nader nie.”

Die Dierebeskermingsvereniging vir Vereeniging en Vanderbijlpark sê die tier word privaat besit. “Ons span werk saam met owerhede om die tier veilig aan te keer.”

Inwoners van Walkerville en omgewing word spesifiek versoek om op die uitkyk te wees vir die tier. Die tier het in die omgewing van Walkerville Fruit Farms ontsnap en is glo naby Daleside Vet opgemerk.

Kontak die DBV by 083 292 5862 indien die tier gewaar word.

“Moet asseblief nie die tier nader nie – sy is gevaarlik,” het die DBV bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lisma ·

En so sal ons seker binne die volgende dag of twee lees dat die arme dier ook doodgemaak is!!

Vlekkie ·

Dis nou wat gebeur as mens ‘n wilde dier wil aanhou! Die eienaar moet aangekla word vir poging tot moord envenige ander skade berokken.

Amelia ·

Dit behoort onwettig te wees om ‘n tier aan te hou. As die ontsnapte tier iemand doodmaak behoort die nalatige eienaars van manslag aangekla te word.

Janice ·

Hoe op dees aarde kry mense dit reg om die dier in private besit te he? Of het die dier van ‘n rehabilitasie sentrum ontsnap?

Lisma ·

In ons land is dit nie onwettig om uitheemse diere aan te hou nie. Ons wette reguleer dit glad nie. So jy mag nie ‘n leeu aanhou nie, maar ‘n tier…geen probleem!!! Nog een van daai dinge waaroor mens net jou kop kan skud.

Lillian ·

Ek sal die mensdom ook nie verstaan nie, nou moet die dier gejag word terwyl sy eintlik bloot net ‘n wilde dier. Handig haar oor aan reservaat waar sy vry kan beweeg.

Psyggie ·

Dit maak ook nie vir my sin nie. En, het die dier nie uitgekom, (vanuit watter tipe bewaring ookal, omdat iemand so intelligent was om die drade te knip nie?
Dit is immers nie dier se skuld nie.

Pippie ·

Wat soekdie arme tier in Suid Afrika dis nie ‘n inheemse dier nie?

Marcello ·

Dit is geen wonder mense besit privaat ‘n TIER nie, want as jy in Gauteng (veral daardie area) bly, hou niks die diewe uit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.