‘Transitorowers’ in KZN doodgeskiet

(Argieffoto: pixabay)

Twee vermeende transitorowers is Woensdagaand tydens ’n skietery met polisie in Umlazi in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê ’n ondersoek na ’n transitorooftog in die omgewing, waartydens ’n vrou raakgeskiet is, het die owerhede gisteraand na ’n huis in Umlazi gelei waar hulle twee verdagtes voorgekeer het.

Die verdagtes het skote op die beamptes afgevuur. Die beamptes het teruggeskiet en die twee verdagtes is noodlottig gewond.

Twee vuurwapens is in hul besit gevind.

Netshiunda sê twee van hul makkers kon die owerhede ontduik en word nou gesoek.

Die verdagtes word almal verbind met ’n transitorooftog in Isipingo, sowat 6 km van Umlazi, waartydens ’n veiligheidswag buite ’n winkel voorgekeer en van kontant en sy vuurwapen beroof is.

Netshiunda sê die veiligheidswag het pas uit die winkel in Isipingo gestap waar hy kontant afgehaal het toe die verdagtes hom oorval het.

Die verdagtes het voordat hulle eindelik op die vlug geslaan het, lukraak skote afgevuur en ’n vrou gewond.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marous ·

Naas Venezuela die grootste misdaad hool ter wereld. Sit daai veer in jou hoed cele en vir jou meesters ook.

Papsak ·

Kurrupte land patetiese regering daarom roof hulle so skiet dood want toe gesluit word hulle nie word alles oor gesien !!!!!!

hpven ·

@ Marous. Die skeppers van die hool was FW, sy ondersteuners en gevolg deur die ANC.

Aggie ·

Hoekom moet daar altyd van hulle wees wat wegkom? Die ideaal is mos om sommige polisielede agter om die huis te stuur sodat die wat probeer wegkom ook geskiet kan word. Dit is omdat so min van hulle kan hardloop!

Aggie ·

Dil bly egter goeie nuus want ons maak darem vordering! 2 minder waarvoor die belastngbetaler in die tronk-hotel hoef te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.