Trokke brand: ‘Laat weermag help beveilig’

Twee vragmotors wat in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek is. (Foto: Verskaf)

Agri SA is bekommerd dat die onlangse vlaag aanvalle op vragmotors ook voedselsekerheid in die gedrang kan bring en het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om die weermag te ontplooi om saam met die polisie die land se belangrike vervoerroetes te beskerm.

Dit sluit in veral die roetes wat hoofmarkte met hawens verbind.

“Suid-Afrika kan in sy haglike ekonomiese situasie eenvoudig nie bekostig om noodsaaklike uitvoerinkomste aan onbeheerde misdadigheid af te staan nie,” sê Jaco Minnaar, president van Agri SA, nadat meer as 20 vragmotors sedert die naweek in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aan die brand gesteek is.

Minnaar sê dit is nie net noodsaaklik dat vragmotorbestuurders beskerm word nie, maar ook die waardevolle vrag wat hulle vervoer. Agri SA is ook bekommerd dat misdadigheid op die paaie binnekort internasionale beleggers gaan afskrik.

“Afgesien van die koste wat aangegaan word weens die vernietiging van die vragmotors, skep die situasie ook ʼn bykomende finansiële las op produsente wat gedwing word om vir meer veiligheidsmaatreëls en hoër versekeringspremies te betaal. Dikwels betaal produsente ook boetes weens versendingsvertragings.”

Minnaar sê dit is veral vir die landbousektor belangrik dat die owerhede ingryp.

“Data vir die eerste kwartaal van vanjaar toon dat Suid-Afrika se landbou-uitvoere $2,9 miljard bereik het, terwyl landbou-invoere $1,7 miljard beloop het. Hierdie netto handelsoorskot van $1,2 miljard (9% meer vergeleke dieselfde tydperk verlede jaar) is noodsaaklik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Boere sit reeds met ʼn algemene logistieke krisis wat veroorsaak word deur ʼn mislukte spoornetwerk, vervalle landelike paaie en oorbelaste hawens. Geweld op ons provinsie se hoofweë voeg nog ʼn vlak van onsekerheid by wat ekonomiese groei verder belemmer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Allies ·

Ai ons almal weet mos nou dat Ramaposa niks gaan doen nie en sy trawant Cele nog minder

Johan Tredoux ·

HIERDIE GAAN OP N PUNT KOM WAAR …dit gaan ophou en ander nuus gaan gebeur…

Frikkels ·

Moenie wonder wie hiervoor verantwoordelik is nie. Gaan haal vir malemma en verwyder hom uit die samelewing. En sluit die anc kaders toe wat hom betaal om anargie aan te hits! PUNT!

Henk ·

Hoekom moet Ramaposa gevra word ?
Hy weet mos dis sy plig om die Land te lei.
Of sit hy agter die anargie ?

Eugene ·

Daars nie n’ weermag nie. Ramp-phosa is die land se prisedent, Hy moet self soon toe gaan en Sy nonsense uitsort. Hoedman ook.

Minnie ·

Cele moes al met die eerste voorval n landwye beskermingsplan on aksie gestel het……of is dit alles deel van n siek plan van onbeheerde misdaad tov politieke redes?
Boere lewer voedsel. Hoe kan ALMAL dit nie verstaan nie.
Geen boere, geen voedsel om te vervoer nie gaan eindig in voedseltekorte vir almal. Selfs die president en kie…..

Jacobus ·

Die Zuma gesindes sit agter die anargie om Ramaphosa nog slegter te laat lyk. Die ANC voel n veer vir voedselsekerheid en die SA burgers solank hulle net volgende jaar se verkiesing wen.

Papsak ·

Nee wat hoekom sal Cele en Ramaphosa hulle nou laat worrie oor hierdie brande op trokke hulle lag oor dit like dit mos hulle style

My siening ·

Jo, ons president het nog nie sover gedink nie, hy brou nog bier vir putin en as jy besig is is daar nie tyd om te dink aan SA wat brand!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.