Willa de Ruyter, woordvoerder van TUT, het in ʼn verklaring gesê die TUT-bestuur het in samewerking met die studenteraad besluit dat reses vervroeg sal word om op 27 September te begin. Die vierde kwartaal sal weer Maandag 10 Oktober hervat word.
“Die besluit is van toepassing op alle kampusse, afgesien van die Soshanguve Noord- en Suid-kampusse, Polokwane en Mbombela,” het De Ruyter gesê. “Die besluit is geneem om die ontwrigting van akademiese aktiwiteite en moontlike beskadiging van eiendom te beperk. Personeel sal egter Woensdag 28 September vir diens aanmeld. Die normale reëling van reses in koshuise geld steeds.”
Volgens De Ruyter is daar besluit om nie die Soshanguve Noord- en Suid-kampusse te sluit nie na afloop van ʼn vergadering met die studenteverteenwoordiging op die kampusse. Toetse wat verlede Vrydag en Saterdag, asook gister geskryf moes word, sal uitgestel word tot ná die reses. Toetse wat van vandag tot Vrydag geskryf moet word, sal voortgaan soos geskeduleer. “Die bestuur gee ook die versekering dat vervoer vir die studente gereël en veiligheidsmaatreëls by die toetssentrums ingestel sal word,” het sy gesê.
Betogende studente het Maandag die ingange van al die TUT-kampusse, afgesien van Polokwane en Mbombela, met brandende bande afgesper en uiteindelik die instansie gedwing om akademiese bedrywighede vir die dag op te skort. Tuks het ook Maandag besluit om sy reses te vervroeg nadat studentebetogers weereens klasse ingestorm het om lesings te ontwrig en eiendom op die kampus beskadig het.
Eers het hulle die skole wat ons vir hulle gebou het afgebrand en nou brand hulle ons skole af. Hulle soek maar net enige rede om nie te leer nie.
Die polisie moet ‘n kordom om hierdie belhamels gooi met lemmietjies draad en hulle dan een vir een laat uit gaan terwyl hulle ondersoek en deursoek word en uitvind of hulle werlik studente is en of hulle studente is met lae punte wat in elkgeval nie die jaar gaan deur kom nie en nou aan die gemmors deel neem en hulle sommer permanent van die universiteite af belet deur hom/haar aan te kla en dit permanent ‘n krimenele rekord teen die persoon op te stel. Hy/Sy gaan in die toekoms ook dieselfde streke uit haal in hom/haar werksplek. Want eintlik het hy/sy nie die jaar geleer nie en soek nou ‘n rede om alles omver te gooi sodat ander wat wel geleer het nie hulle eksamens en toetse kan afle nie. By gese, om op universiteit te gaan studeer is ‘n voorreg wat aan jou gegun word sodat jy jou kennis kan verbreed en dan moet jy dit in alles erens op neem wat dit kosgeld. Of dit ‘n beurs is of jou ouers daarvoor betaal maak nie saak nie, iemand moet daarvoor betaal. Nerens in die wereld gaan jy opleiding in enige universteit ontvang MAHALA soos die klomp kamstig wil he.
6 Vandalismes en 1 brandende tyre – asseblief tog!!!
Ek wil nou nie rassisties klink nie maar ek sien net swart studente op die betogings foto’s. Ek is seker daar is baie wit studente wat ook maar sukkel om finansieel kop bo water te hou maar jy sien hulle nie so te kere gaan nie. Dalk is dit omdat hulle van kleins af geleer is dat daar beskaafde maniere is om probleme aan te spreek of miskien het hulle maar net aangepas by die nuwe Suid Afrika waar die witmense se stem totaal oordonder word deur die massas al is die massas se redenasies totaal belaglik. Nietemin, mooi so vir die wit studente wat hulle nie besig hou met hierdie swak optredes nie en vir die wat saam met die betogers simple raak … dink asb weer, dis nie baie beskaafd nie!
En so word daar Gradeplegtighede ook gekanseleer……………