Twee mans wat die afgelope naweek in die -gebied in Limpopo in hegtenis geneem is op aanklagte van onwettige mynbou, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Johannes Petrus Kirchner (49) en Justice Mogale (47) is op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.
Volgens Mojapelo is Kirchner en Mogale in hegtenis geneem tydens ʼn klopjag deur die Limpopo provinsiale eenheid vir georganiseerde misdaad. Die optrede was daarop gemik om onwettige mynbou in die Burgersfort- en Lebowakgomo-gebiede hok te slaan.
“Tydens die twee mans se inhegtenisneming is daar op vier vragmotors vol ru chroom beslag gelê,” het Mojapelo gesê.
Die saak teen die twee beskuldigdes is tot 16 Oktober uitgestel vir nadere ondersoek.
Wat de hel, buitelanders kom doen dit sonder om belasting te betaal…
Nou wat is fout met die myn. Hul BEE is ten minste reg. Die res kan later volg.
Wat van al die zamas-zamas wat bedrywig is in Gauteng-ek het persoonlik nog nie gelees dat hulle amptelik aangekla is nie
Ek het nie n probleem hiermee nie net soos met die ouens wat met diamante handel dryf hulle steel,moor of verkrag nie hulle verkoop nie dwelms wat lewens vernietig nie hulle onderhou hulle families
Hulle betaal ook nie belasting en pleeg bedrog……………….Sluit maar toe, as jy nie eerlik wil wees nie moet jy maar voel……………………Mynbou word baie nadelig beinvloed en werksgeleenthede gaan verlore deur onwettige mynbou aktiwiteite.
Nou wat van die Guptas wat in die geldkoffers van die land saam met die ANC delf wanneer word hulle aangekla
Tenminste werk hulle vir hulle daaglikse brood , die regering het nou weer uitgemis op die onwettige verkope
Kan ek nie gaan oorvat by hulle. Ek is reeds 23 maande sonder werk.
Net solank hulle dit self myn is alles volgens my reg.
Kom vang hulle in welkom daar is baaie zama zamas in die vrysraar se dorpie. Sal die sapd nogal besig hou hier. Net jammer die wat gevang word se fotos nie op maroelamedia verskyn nie