Paramedici is Saterdagaand in KwaZulu-Natal ontbied om twee jong kinders te behandel nadat hulle vermoedelik deur weerlig getref is.
“Paramedici van die KwaZulu-Natalse nooddienste is omstreeks 19:00 ontbied om die twee kinders te behandel nadat weerlig glo hul huis getref het,” het woordvoerder Robert Mckenzie gesê. Paramedici is ontbied na die huis in Ndwedwe in die Ilembe-distrik van KwaZulu-Natal.
Die twee kinders, ʼn sesjarige dogtertjie en vierjarige seuntjie, is in ʼn kritieke toestand na die Montebello-hospitaal geneem.