Twee sterf in Springs-vliegongeluk

Die toneel van ‘n vliegongeluk in Springs. (Foto: Skermgreep)

Twee mense is dood toe ʼn vliegtuig Saterdag in Springs aan die Oos-Rand neergestort het.

Die ongeluk het by die Springs-vliegveld in Ekurhuleni plaasgevind. Volgens die Burgerlugvaartowerheid is die vlieënier en een ander passasier dood en is die vliegtuig ʼn wrak. ʼn Video van die toneel wys hoe stukke van die vliegtuig meters uitmekaar op die vliegveld lê.

“Die selfgeboude Cruiser-vastevlerkvliegtuig het Saterdag by die vliegveld opgestyg, met die doel om later terug te keer,” het die BLO gesê, maar nie genoem wat die ongeluk veroorsaak het nie.

“Ons ondersoekspan is op die toneel om bewyse in te vorder. Ons sal die omvang van die ondersoek kan bepaal sodra hierdie bewyse ingevorder is.”

Die ondersoek kan tot 12 maande duur, maar die BLO sal binne die volgende 30 dae ʼn voorlopige verslag omtrent die ongeluk bekendmaak.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.