ʼn Tweejarige dogtertjie is Sondagoggend dood toe sy agt verdiepings ver in Durban se middestad geval het.
“Paramedici van ER24 het omstreeks 11:00 na hul stasie teruggekeer toe omstanders in Gillespiestraat hulle aandag getrek het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. ʼn Klein groep mense het op die sypaadjie om die lewelose liggaam van die kindjie saamgedrom.
“Die ma was baie getraumatiseerd en het aan paramedici verduidelik die dogtertjie en haar sussie het in die woonstel gespeel toe die voorval gebeur het. Dit is nog nie in hierdie stadium duidelik hoe die kind uit die venster geval het nie,” het Vermaak bygevoeg.
Paramedici kon niks verder vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar. Die ma is vir skok behandel.
Die polisie en metropolisie het die toneel afgesper en ondersoekbeamptes stel verder ondersoek in.
Ek het nie woorde . . .
Hello peet. Ek is chene’ se mamma. Ek laat weet jou net 8 maande later en daai naskool het nog niks gepraat nie eers n’ jammer nie. Dis die geval waar hek omgeval het. Dit is hartseer om te sien hoe baie kindertjies sterf. Tyd genees nie. Die seer klou vas. Groete claudia koch
Naandsê Claudia, ek behoort nog ‘n e-pos te hê om te antwoord.
Peet selfte hier het sel 3 kinners pas hulle op soos goud,dit is skrikwekkend hoe dees dae se kinners vermoor word,of in ongelukke dood gaan,my hard gaan uit na die ouers.
Bietjie stadig op nuus gebeure
Dit breek my hart! My innige mee-gevoel aan haar ouers… Weet nie hoè om dit te stel nie… In ‘n geval soos diè, is dit genadiger as die kindjie op slag sterf… Soveel dinge kan beskadig word (breek) met sò ‘n harde val, dat dit jare van pyn & hel vir die kind sowel as die ouers kan meebring… As volwassene was ek 16jr+ terug in ‘n tromp-op botsing betrokke… Die Here was bàie goed vir my & ek het oorleef! Ek het soveel breuke opgedoen, dat dit moeilik is om te glo dat ekdeur dit àls is & nog tot soveel instaat is… Ek is dankbaar vir God se genade, maar ek het gedurig pyn. Soms is dit leefbaar, maar ek het nooit ‘n pynvrye dag nie. Volgens verskeie drs, is ek gelukkig om ‘n hoë pyn-drempel te hê… Watter lewensgehalte sal sò ‘n klein mensie hê nà sò ‘n val? By-gesê as daar niè breinskade is nie…
My inige meesgevoel met die ouers
My hart gaan uit aan haar ouers. En dit 5 dae voor Kersfees. Ek bid dat Jesus julle sal troos deur hierdie tyd en dat julle jul rus by Hom sal vind.