UK gekap oor verwydering van kunswerke

Historiese kunswerke wat deur betogers gebrand is. Foto: Verskaf

Die Universiteit van Kaapstad (UK) loop erg onder kritiek deur en word van sensuur beskuldig weens die verwydering van verskeie kunswerke.

Belinda Bozzoli, die DA se skaduminister van hoër onderwys, het gesê die DA het dr. Max Price, visekanselier, en dr. Sipho Pityana, voorsitter van die universiteit se raad, skriftelik versoek om die verbod op nagenoeg 75 kunswerke onmiddellik op te hef.

Die universiteit het in September 2015 ʼn sogenaamde kunswerktaakspan aangestel nadat die beeld van Cecil John Rhodes maande vantevore verwyder is. Volgens die universiteit is die doel van die taakspan om ʼn oudit te doen van standbeelde en ander kunswerke op die kampus wat “koloniale onderdrukkers” erken of vier of wat aanstootlik of omstrede is. Volgens die taakspan het talle studente aangedui dat ʼn aantal kunswerke by die universiteit aanstootlik is weens die manier waarop dit swart mense uitbeeld.

Tydens die #FeesMustFall-betoging is talle kunswerke deur die betogers verwyder en aan die brand gesteek. Bozzoli het Price en Pityana versoek om bekend te maak watter 23 kunswerke deur betogende studente vernietig is en ook om ʼn lys beskikbaar te stel van die kunswerke wat tans nie meer uitgestal word nie.

Die kunswerke van verskeie toonaangewende kunstenaars is glo op die lys van items wat verwyder is, onder andere Breyten Breytenbach, Christo Coetzee, Steven Cohen, Mia Couvaras, Pieter Hugo, Vusi Khumalo, Lucky Sibiya, Pippa Skotnes, Irma Stern en Sue Williamson.

Breytenbach het reeds uitgevaar teen die universiteit en hul besluit om die kunswerke te verwyder as “fascisme” bestempel.

Volgens Bozzoli is die verbod op kunswerke dieselfde as om ʼn boek uit ʼn biblioteek te vat en dit te verbrand. “Die tipe optrede verhoed studente om krities met kuns en literatuur om te gaan.”

Bozzoli het die universiteit versoek om die kunswerke onmiddellik weer op hul “regmatige plekke” aan te bring.
Price het egter teruggekap en gesê beskuldigings dat die universiteit sensuur toepas en ingee tot die eise van ʼn klein radikale groep studente wys op ʼn gebrek aan begrip van die universiteit se transformasieproses.

Volgens Price is die verwydering van die kunswerke net tydelik. “Ons glo dat die kunswerke uiteindelik weer vertoon sal word sodra ʼn kuratoriese beleid ontwikkel is.”

Price het gesê van die kwessies rakende die kunswerke is die manier waarop swart mense uitgebeeld word, in kontras met die gebrek aan enigiets soortgelyks rakende die uitbeelding van wit mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

Wat hierdie studente vergeet… is dat die universiteit nie daar sou wees vir hulle om te studeer vandag nie. Die gelde was deur rhides verskaf om geleerdheud te skep. As ons van ander mense afhanklik sou wees was daar nue vandag huerdue instituut nie. Aanvaar dit sê dankue en beweeg aan.

Vic

Ai Breyten. Ek weet nou nie eens wat om te se nie. Is hierdie dan nie jou mense nie? Wat presies het jy gedink gaan gebeur, al daai jare toe jy so tevelde getrek het?

Oom Klasie

Ja ou Breyten meng jou met die semels… Jy het mos die ANC so aangehang.Hoe voel jy nou oor hulle? Die ANC wat alles tot in die grond gedryf het.Hulle is jou maatjies.Ek sien op Media 24 het jy hulle sterk aangespreek maar dis te laat ou Brytie.Jy was totaal blind oor waartoe hulle in staat is en woep daar byt hulle jou in die hakskeen.En wie kies jy nou of is jy maar n draadsitter?

Justice

Breytenbach hierdie is die babatjie wat jy help grootmaak het – ek het absoluut geen simpatie met jou nie. Ek kan nie glo dat jy die broer van die hoog aangeskrewe Kol. Breytenbach is nie.

Gerhardt O

Punt 1: Hulle kan maar die Irma Stern vir my gee om “op te pas”. Ek seker ons sal ‘n goeie huis kry vir die “lastige” prent. Punt 2: Geen mens is so belangrik dat sy foto in ‘n rooi jassie in ‘n openbare plek uitgestal hoef te word nie. Selfde geld vir staatsdepartemente , straatname en gebou name. Suid-Afrika het nog altyd die menslike verheerliking ding totaal oordoen. Al verskil is dat Jan Smuts nou OR Thambo is. Heeltemal verkeerd. As die studente dus wit gesigte met swart wil vervang ipv die beginsel toepas, dan is hulle maar net… Lees meer »