US-taalbeleid: Belangegroepe genooi om kommentaar te lewer

Universiteit van Stellenbosch. Argieffoto.

Universiteit van Stellenbosch. Argieffoto.

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Dinsdag met ʼn proses begin om sy huidige taalbeleid te hersien.

Belangegroepe soos personeel, studente, alumni en donateurs is genooi om teen 22 April vanjaar per e-pos kommentaar te lewer op die eerste konsep-weergawe van die nuwe voorgestelde Taalbeleid. Hierdie konsepbeleid is deur die taalhersieningswerkgroep saamgestel en is beskikbaar by www.sun.ac.za/taal.

“Respondente kan algemene én spesifieke kommentaar op die konsepbeleid lewer, en addisionele voorstelle maak,” het Susan van der Merwe, woordvoerder van die universiteit, gesê.

Sy het gesê alle voorstelle sal deur die werkgroep oorweeg word vir moontlike insluiting. “Dit sal egter nie moontlik wees om alle voorstelle by die tweede konsep in te sluit nie.”

Respondente kan ʼn aanlynvorm op die webblad voltooi, of kommentaar kan per e-pos gestuur word na [email protected]. Verwys na www.sun.ac.za/taal vir meer inligting oor die proses en tydlyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

hans ·

Vertrou nie die vrede nie veral na rektor se stellings voor die parlementerekomitee verlede week.

jaco ·

Ek kan verstaan dat diskriminasie teen Afrikaans n manier is om wit Afrikaanssprekendes vir apartheid terug te kry, maar wat van kleurlinge wat Afrikaans praat? Hulle was tog ook saam met die swartes victims van apartheid. Waarom is die swart victims nou lelik met die bruin victims? Dit maak nie sin nie.

Oupa ·

Jip, hulle sal aanhou karring totdat die militante minderheid hulle sin gekry het. Dan sal hulle die volgende doelwit stel…

Klippie ·

Sedert die die verstek-Afrikaanse taalbeleid van 2002 aanvaar is, het Engelsgesindes dit teengestaan. Meestal wit Afrikaners. Ook binne die hoofstroom Afrikaanse media is dit geïgnoreer. Wit Afrikaners het in dieselfde tyd die universiteit by wit Engelssprekende skole gaan bemark, sonder om te dink oor die langtermyn gevolge van so ‘n roekelose besluit. Ekonomiese redes was moontlik die motivering vir so ‘n dwase besluit. Intussen het Afrikaans feitlik heeltemal verdwyn van die US-kampus.

Michael ·

Afrikaans moet bly ontwikkel ander tale maar behou Afrikaans as ‘n onderrig taal want word Afrikaans uitgehaal by universiteite is die skole volgende

Dirk ·

Daar is 33 universiteite in d land.ten minste twee het tog seker d reg om 50% afrikaans te wees. Dis net afleidings en boelie taktieke. Nes die hele ou rassisme retoriek.wat n klug. Die meeste mense wil d land as n sukses sien en werk daarvoor.dis al wat zuma oorhet om oor te kla. Nes mbeki . Hy het die dood van 350 000 veroorsaak met sy versaking van vigs lyers, toe val hy terug op al wat daar was. Gaan lees bietjie die sowetan. Die lesers weet waaroor dit gaan, is bekommerd oor hul toekoms en ook oor die verdeeldheid tussen swart groepperinge in SA

wynand ·

Ek vertrou die lot gladnie.Veral met wim aan die stuur. US kan nog kampusse aanskaf en in swart tale daar klasgee met swart lektore. Afrikaans groei met rasse skrede en UD staar hulle blind daarvoor. Hulle se aanmekaar taal mag nie in die pad van studies staan nie maar dit geld vir alle tale behalwe Afrikaans. De villiers het n n dagoud rugraat of die wil of die know how lm sy man te staan vir Afrikaans nie.Hy beteken tog niks nie.Ons kon dit sien met die pers gesiggies episode.Die man is n muis met geen integriteit nie.

wynand ·

US is te rugraatloos om self te veg virAfrikaans so nou gaan hulle die onus op die studente en belanghebbenes plaas en se die meerderheid het daarvoor gevra. Dit is ongelooflik dat hulle nie kan sien en wil sien dat Afrikaans n vinnig groeiende taal is en deur die meerderheid in die Wes Kaap gepraat word nie.Wat n skande .Hulle het geen rugraat nie.Dit het ons al lankal gesien.Nou onderstreep hulle dit nog

anna ·

Ek vertrou nie die lot nie. Hulle ht nie die rugraat om self vir Afrikaans op te kom nie en nou wil hulle die blaam skuif na ander mense om die besluit te neem. Kry swart lektore en nog kampusse en gee klas in swart tale op ‘n ander kampusse en dan kry almal in hulle eie taal klas. waarom Afrikaans uitskuif wat ‘n sterk groeiende taal is? Besef die lot dit nie? hulle wil dit n ie besef nie – veral nie met so ‘n fool soos De Villiers nie.

andries ·

Bou nog kampusse waar swart tale aangebied word deur swart lektore- so kan niemand oor taal kla nie. Dit is nie nodig dat Afrikaans uitgegooi moet word nie. Dit is ‘n sterk groeiende taal en word deur die meerderheid in die Weskaap gepraat. Gebruik integriteit en staan agter Afrikaans moet nie nou dat ander daaroor stem nie – want dit gaan nie die volle waarheid wees nie. Die US kan nie eers by sy eie taalbeleid hou nie en moes deur die hof reggewys word. Hoe geloofwaardig gaan hierdie oefening wees? Dit mors net geld en tyd.

Trots Afrikaans ·

Onttrek, befons en bou eie skole en universiteite met privaat geld op privaat grond.
Skruif die 3 enige God en die Afrikaanse taal in as die enigste en onveranderbare grondslag.

Gee die sekulêre en veeltalige instansies aan die res…..

Christo ·

Dit gaan oor wat regverdigheid is. Uit al die universiteite in SA, kan daar nie ten minste 2 die ruggraat hê om 50% Afrikaans te wees nie? Iewers moet die street getrek word… Julle dink miskien dit gaan die oplossing wees om Afrikaans uit te faseer… daar wag ‘n baie groot verassing vir julle!

Maria van Dieweeck ·

Wim Pilatus. Het sy `inhuldiging as rektor grepie gekyk, my mond hang nou nog oop. Die man het of n gesplete persoonlikheid, of iemand het sy brein gespoel. Sjoe hyt gejok daai aand

P.L. Scholtz ·

Ek voel dat dit baie belangrik is dat Afrikaans behou moet word. Dit sal dan die weg baan vir meertaligheid, waar student van verskillende rasse en kultuurgroepe dan later in hulle eie tale onderrig kan ontvang. Dit sal n’ geleidelike proses van ontwikkeling wees om tot by volle meertaligheid te kom, maar dit sal in lyn met ons grondwet wees.
Deur Afrikaans af te skaf, sal die deur vir meertaligheid finaal toegemaak word. Afrikaans is dus die sleutel tot die behoud van meertaligheid. Daarsonder sal Engels permanent die enigste voertaal word en allesoorheersend word en sodoende sal studente oor die kleur en kultuur grens heen ontneem word van hulle demokratiese en grondwetlike reg om in hulle eie onderskeie moedertale onderrig te ontvang.
Daar is waarskynlik steeds n’ 50% plus studente oor die kleur en kultuur grens heen, wat onderrig in Afrikaans verkies op Stellenbosch.
Dit is immers wetenskaplik bewys dat n’ student beter presteer as hy/sy onderrig in sy/haar moedertaal ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.