Vyf vas oor talle rooftogte in Hillbrow

Die metropolisie het beslag gelê op verskeie selfone, nuwe skoene en selfs ‘n weermaguniform. (Foto: JMPD)

Vyf mans wat verbind word met verskeie rooftogte in Hillbrow is in ʼn operasie deur die Johannesburgse metropolisie (JMPD) aangekeer en in die besit van verskeie gesteelde items betrap. Die mans was ook in die onwettige besit van staatseiendom.

Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD, sê beamptes was Woensdag besig met ʼn geheime operasie in die omgewing van die Wanderers-taxistaanplek toe beamptes inligting ontvang het oor verdagtes wat glo betrokke is by verskeie rooftogte in die Johannesburgse middestad.

Hulle is na ʼn perseel in Hillbrow waar ʼn veiligheidswag hulle na ʼn spesifieke woonstel gelei het en die vertrek uitgewys het waar die verdagtes woon.

Twee mans is in die kamer aangetref en die polisie het afgekom op verskeie selfone, ID’s, ʼn weermaguniform en splinternuwe skoene. Die verdagtes kon glo nie die besit daarvan verduidelik nie.

Die twee verdagtes sowel as die veiligheidswag is in hegtenis geneem nadat daar vasgestel dat hy saam met hulle woon.

Die beamptes is daarna na die kelder waar nog twee mans woon. Hier het hulle nog selfone, beursies, ID’s en nommerplate gekry het. Die twee mans is ook in hegtenis geneem.

Een van die nommerplate was dié van ʼn Renault wat in Chatsworth gekaap is, sê Fihla.

Al die verdagtes word by die Hillbrow-polisiestasie aangehou. Hulle word reeds verbind met verskeie ander sake van roof, moord, kaping en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

domheks ·

Nou is die fluitjieblase in die moeilikheid – net omdat hy daar woon? Ten minste het hy gepraat! en die JMPD na die plek toe geneem.

Frank ·

Dit is nie noodwendig die veiligheidswag wat inligting verskaf het nie, hy kon bloot nie anders as om hulle na woonstel te vat toe die polisie hom vra nie

Harley Davidson ·

Was hulle sa burgers of deel van die duisende buitelanders wat plekke soos hilbrow en sunny side oorgevat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.