‘Vat Ramaphosa se NGV-beloftes met knippie sout, paar pille’

Argieffoto (Foto: Shutterstock)

Pres. Cyril Ramaphosa se stelling dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ’n einde sal maak aan die “apartheid wat in die gesondheidsorgsektor” heers, is ’n doelbewuste miskenning van sekere kernfeite daaroor, sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Solidariteit is skepties oor die jongste beloftes van pres. Ramaphosa met betrekking tot die NGV, want die werklikheid van die gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika verskil hemelsbreed van die prentjie wat Ramaphosa daaroor skets.

Volgens Du Buisson is dit belangrik om erkenning te gee aan die oorsprong van die bestaande infrastruktuur van groot hospitale in Suid-Afrika, wat hoofsaaklik voor die ANC se bewind opgerig is. “Sedert die ANC aan bewind gekom het, is daar bykans geen aandag gegee aan die instandhouding van staatshospitale nie. Slegs privaat hospitale is deur die privaat sektor gebou,” sê Du Buisson.

Die sukses van privaat hospitale bewys dat die privaat sektor doeltreffend en onafhanklik kan funksioneer. Verder is dit  ʼn duidelike aanduiding dat die NGV nie kan werk nie en dat werkende gesondheidsdienste van privaat bestuur afhanklik is.

“Die ANC-regering is die oorsaak dat die stelsel lyk soos wat dit lyk. Hierdie regering het die openbare gesondheidsektor vervalle laat raak. Hulle het beleid ingestel wat werkloosheid aanblaas. Hulle het beleid ingestel wat mediese skemas verhoed om bekostigbare opsies te bied. Om te verwag dat hulle die NGV op ’n goeie wyse sal kan uitrol, is waansinnig.”

Verder sê Du Buisson dat die beskuldiging van apartheid in die huidige gesondheidsorgstelsel nie meer van toepassing is nie, aangesien die meerderheid van mediesefondslidmaatskap in Suid-Afrika deur swart mense opgeneem word. Hierdie lidmaatskap weerspieël eerder die demografie van die arbeidsmark as ʼn gevolg van vrye keuse en nie as gevolg van enige sameswering soos wat Ramaphosa impliseer nie.

“Dit is duidelik dat die ANC-regering die primêre oorsaak van die huidige toestand van die gesondheidsorgstelsel is,” sê Du Buisson.
Volgens Du Buisson het die ANC nie net die openbare sektor laat verval nie, maar ook beleide geïmplementeer wat werkloosheid in staatsdiens bevorder en mediese skemas verhoed om bekostigbare opsies aan te bied.

“Om dus te verwag dat hierdie regering die NGV suksesvol sal kan uitrol, is niks minder as onrealisties nie,” sê Du Buisson.

Selfs indien die ANC ‘n werkbare gesondheidsorgstelsel onder die NGV kan vestig, is dit onwaarskynlik dat dit suksesvol sal wees, aangesien dokters nie vir die staat wil werk nie.

Du Buisson noem ook dat Suid-Afrika nie die nodige finansiële hulpbronne het om so ʼn stelsel te ondersteun nie, wat tot ‘n verdere vermindering van kwaliteitgesondheidsdienste sal lei terwyl die koste deur die reeds kwesbaarstes in die land gedra word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ryan ·

Ramaphosa se arrogansie is verbasend, maar te wagte. Dié kader moét virseker gaan vir sielkundige en/of psigiatriese evaluering.

GWS ·

Ek is al tot satwordens toe moeg om die woord apartheid te hoor!!! Daardie perd is al dood!

Adriana ·

Jy vat als wat hy sê met ń knippie sout hy lewe in la-la land, hy het oogklappe aan want hy kan nie sien wat in SA àangang.

Lettie ·

Hy weet presies wat aangaan en hy vrees die bewys daarvan. Daarom wil hy almal ontstig en verkeerd probeer bewys. Bly kalm hy gaan ontsetel word ongeag die uitslag van die verkiesing .

Mariana ·

Hy sien goed wat hier aangaan maar gee nie om nie. Solank hy sy pond vleis en sy kaders hulle sn kry is hy tevrede. Mooi beloftes wat net nog probleme veroorsaak is al wat hulle doen.

Christo ·

Wonder wat hulle gaan se as dit na n paar jaar lelik uitmekaar val. Wie of wat gaan dan die blaam dra? Jan van Riebeeck? of dalk Julius Ceasar?

ronel ·

Dis eenvoudig, noem een funskionele staats hospitaal wat gebou is na ’94?
Noem een staatshospitaal wat instand gehou en verbeter is na 94′ deur die staat ?
Noem een munispale kliniek wat na 94’verbeter het ?

SjN ·

Dit is nog die enigste plek oor waar hul kan plunder en verwoes.

annie ·

The proof lies in the eating of the pudding you made yourself. As die NGV misluk sal dit wees weens die toedoen van Apartheid en die gevolglike wreedheid jeens die baie toordokters wie se dolosse nou moet roes op hul matjies langs die muti. Groot skade. Ons weet dit reeds. Stel hul almal aan. Dit behoort die minister genoeg probleme te verskaf sodat hy die sterk manne goed moet kan betaal om op te hou kerm en nog meer Westersopgeleide dokters gaan help skoffel op die kool-en spinasielandjies op die plaas van moeder wat sonder betaling gevat is by ‘n boer wat nou in die kolonie ‘n huisie opslaan agter in sy broer se erfie in die nuwe Republiek van Flinkveria. Alles werk perfek in die tweede Dertig van die ANC.

Cassie Carstens ·

Ek wonder net wanneer die ANC en sy president wakker gaan word uit hierdie heerlike droom. Wanneer die ANC die verkiesing gaan verloor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.