Veel meer kenners moet bevelsraad adviseer oor Covid-19-reaksie

(Argieffoto: pixabay)

Die Wetenskapakademie van Suid-Afrika (ASSAf) sê die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie moet verder versterk word deur meer wetenskaplikes in sy besluitnemingsproses te betrek.

Hy het Maandag gesê dit is belangrik dat die nasionale bevelsraad, wat Suid-Afrika se reaksie op die pandemie koördineer, en diegene wat aan dié raad rapporteer, veel meer wetenskaplikes uit veel meer wetenskapsvelde insluit.

ASSAf bestaan uit verskeie vooraanstaande wetenskaplikes soos dr. Glenda Gray, ʼn MIV-kenner, die onderwyskenner prof. Jonathan Jansen en prof. Helen Rees, wat die Suid-Afrikaanse komponent lei van kenners wêreldwyd wat soek na ʼn entstof vir Covid-19.

“Terwyl dit belangrik is om epidemioloë, entstofkenners en spesialiste op die gebied van aansteeklike siektes aan boord te hê, glo ons die pandemie is nie net ʼn blote mediese probleem nie, maar ook ʼn maatskaplike een. Dit beteken dat geesteswetenskaplikes en humanitêre kenners ook deel van die raadgewende strukture moet wees.”

Sielkundiges moet byvoorbeeld raad gee oor die verreikende gevolge van die pandemie ná die uiterste afsondering en sosioloë moet raad gee oor die doeltreffendheid van sosiale distansiëring in nedersettings wat deur ongelykheid gekenmerk word. Antropoloë moet hul kennis deel oor die rouproses vir slagoffers wanneer beperkings geplaas word op die aantal mense wat ʼn begrafnis mag bywoon en familielede nie eens hul oorlede geliefde mag aanraak nie. Ekonome moet weer raad gee oor hoe om werkers te bemagtig, sê die akademie.

Kenners op die gebied van maatskaplike werk moet raad gee oor hoe om stres in gesinne, die toename in gesinsgeweld, en die uitwerking van die afsonderingstydperk op kinders en bejaardes te hanteer.

Politieke wetenskaplikes moet die regering van raad verskaf oor die verhouding tussen hom en die burgers in noodtoestande, terwyl pandemie-geskiedkundiges raad moet gee oor die lesse wat uit die verlede geleer is.

genetika-navorsing

(Foto: healthresearchsolutions.com)

“In vennootskap met mediese wetenskaplikes gaan die regering baat by ʼn inklusiewe, multidissiplinêre aanslag op wetenskap wat die leierskap se reaksie op die pandemie net kan versterk.”

ASSAf sê ook die bevelsraad moet sy fokus na die vasteland uitbrei omdat ʼn virus nie nasionale grense respekteer nie. “Onder normale omstandighede reis duisende Afrikane maandeliks tussen Suid-Afrika en ander SAOG-lande – en verder.”

Die akademie sê dit is dus belangrik dat dit in die bevelsraad se oorwegings ingesluit word.

ASSAf sê hoewel die bevelsraad die onmiddellike krisis hanteer, dit nie te vroeg is om te begin beraadslaag oor dringende kwessies soos die toekoms van die ekonomie, sake-, onderwys, behuising- en omgewingsektor, asook die hervorming van gesondheidsdienste nie.

“Die nuwe koronavirus het die diepe ongelykhede in ons samelewing blootgelê. Ons durf nie as ʼn land oor te begin sonder om die groot foute wat die pandemie uitgewys het, te pak nie.”

Die akademie sê die sukses van verskillende regerings se hantering van die pandemie berus op verskeie faktore wat insluit hoe vinnig hulle reageer met byvoorbeeld toetse en die opsporing van kontakte, asook hoe vinnig lewensreddende toerusting versprei kan word.

“Die Suid-Afrikaanse regering se reaksie was doeltreffend en is tuis en internasionaal erken. In die stadium is die tempo van infeksie en sterftes van die laagste ter wêreld en onder Brics-lande [Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika].”

Die akademie sê die regering se sterk leierskap wat op wetenskap gegrond is, het tot dusver talle lewens gered – en dit is iets waarvoor Suid-Afrikaners dankbaar moet wees.

“Daar is ʼn noodsaaklike verband tussen wetenskap en openbare vertroue. Tydens ʼn pandemie, te midde van vrees en onsekerheid oor ʼn nuwe virus, berus die geloofwaardigheid van ʼn regering selfs meer daarop om die publiek se vertroue te wen.

“Daar is geen beter manier om openbare vertroue te behou as om met een stem te praat op gesag van bewese wetenskap nie en om hulpmiddels tydens die pandemie te gebruik wat voldoen aan die waardes van ons Grondwet.”

Die akademie het ook sy lede verbind om die regering in dié tyd met raad by te staan.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Althes ·

Hoe kan mense in nedersettings ongelyk wees as hul groot gesinne en families is?
Ek sukkel om 2 kinders finansieel groot te maak, terwyl hul ongelooflik baie kinders het.
Hoe kry jy almal gevoed?

Alleen Wolf ·

Die akademie yl, ‘Sterk leierskap is nie ter sprake nie, sterk diktatorskappe ja.

Anel ·

Ag, asseblief, van watter planeet kom die lot. Hoe wil hulle die ongelykhede uitwis? Hou op mense aan te moedig om soveel kinders as moontlik te kry, want dan kry jy meer geld. Hoekom beloon word vir armoede? Dis hoekom ons land nou so diep in die moeras is. Leer mense eerder om verantwoodelik vir jou omstandighede te neem en dan iets daaromtrent te doen en nie om BAKHAND te staan vir alles en almal die skuld te gee nie.

Kokerboom ·

Was die voorstel nie die regte en meer logiese ding om te doen van begin af? Dit was die regte demokratiese wyse om te werk te gaan en meer sinvolle besluite geneem het!!!. En noem die ding tog ‘n Adviesraad en NIE bevelsraad…dit klink erg kommunisties en militaristies!!! Is ons dan nie ‘n demokrasie????

Agge nee ·

Jonathan Jansen onderwyskenner? I beg to differ. Eeder onderwys saboteur. Hy wil sy wil op almal afdwing. Niemand anders se mening sal.oorweeg word as ‘stoomroller’ in die samesprekings is.

Pieter J ·

Agge Nee ek dink ook soos jy. Die feit dat Jonathan Jansen deel is van ASSAf maak dat ek baie skepties is oor hulle.

marius ·

Volgens die hoof van die ashoop is die advies waarop alle besluite geneem is juis van wetenskaplikes . Is die mense van die land proef konyne ?

Jakes ·

En hier gaan ons weer…..die “akedemie” en en en en dan politieke wetenkap……
Toelae, T hemp en n kospakkie en die ANC se sosoiale taak is verig

Sarel ·

Wie is hierdie geheime Bevelsraad. Was dit die ???? Se aanbeveling dat Wetenskaplike Advies geignoreer moet word

Bernard ·

Wanneer hierdie troppe “kenners” elkeen hul eiertjie gelê het is die jaar daarmee heen en ons steeds gevange

Sarel ·

Vra weer Wie is hierdie BEVELSRAAD
.Wetenskaplikes ..en Mediesie..klink.nie so nie. So Wie is hulle en hoekom word dit geheim gehou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.