Veewagter naby Rustenburg doodgeskiet; beeste gebuit

Die polisie het op die diere beslag gelê. (Foto: SA Polisie)

ʼn Veewagter is doodgeskiet en nog een beseer toe veediewe Donderdagmiddag op ʼn plaas by Serutube, buite Rustenburg in Noordwes, toegeslaan het.

Drie veewagters was laatmiddag besig om na die beeste om te sien, toe drie mans skielik uit die bosse te voorskyn gekom het. Die rower het twee van die veewagters gegryp, hul hande vasgebind en hulle van hul geld en selfone beroof, sê kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder.

Hulle het die beeste geëis en een van die mans wat vasgebind is, doodgeskiet, terwyl die ander twee met ʼn vuurwapenkolf aangerand is.

Die rowers het daarna die beeste aangejaag en verdwyn.

Botma sê Phokeng-speurders en lede van die polisie se veediefstaleenheid het ʼn groot soektog van stapel gestuur na die aanvallers en 21 beeste is kort daarna in Lefaragatlhe opgespoor. Elf van die beeste wat daar gevind is, kon met die skietvoorval verbind word.

Verdere ondersoek het onthul dat twee koeie en kalfies ʼn week gelede op dieselfde plek gesteel is. Die polisie het op die diere beslag gelê.

ʼn 45-jarige vrou en haar 18-jarige seun is vir die besit van vermoedelik gesteelde vee in hegtenis geneem en verskyn na verwagting Maandag in die Bafokeng-landdroshof.

Die mans wat die veewagters aangekeer het, is nog soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Werner ·

Nou mag jy nie jouself verdedig soos die boer by Dundee nie.Dan word jy deur almal veroordeel.Die vuilgoed skiet die veewagter nadat hulle hom vasgebind het.Satansgedrogde

Mariana ·

Darem net lafhartige gemors wat iemand skiet nadat hy vasgebind is en ander slaan. Maar selfverdediging is uit, want die arme kriminele moet mos beskerm word. So Mnr Cele wat gaan jy nou hieraan begin doen, gaan jy nou ‘n slag jou werk doen?

Pablo ·

Dit raak net al hoe erger. Dis net diefstal, moord en doodslag. En jy hoor niks van die regering nie.

Shakespeare ·

Was nog altyd die geval. Dingaan, Chaka, Idi Amin etc. etc.

Henj ·

Geld en vee = geld= status. Hoe meer hoe beter. Maak nie saak van wie jy onteien sonder vergoeding nie.

AW ·

Elf Beeste Verbind met die Skietvoorval !!!!!!

Nou wonder ekke,….

Sarel ·

Aan die Regering & die EFF..Nou word Plaaswerkers ook
Vermoor…maar julle is doid stil.
Gaan seker nie die Families bedoek nie

annie ·

… maar ‘n maer paar besies… Die veewagters wat ons al baie van gehoor het maak nie eens hul selle skoon nie en… Miskien was koalisies so in tyd van stemmery ook hier ter sprake… Boere moet wakker slaap.

Harley Davidson ·

My oupa het die beeste iets anders genoem vandag noem ons dit baster beeste of Nguni maar jy kan sien hoe verwaarloos hulle is ,en om iemand te dood vir hulle is onaanvaarbaar.

Pieter9 ·

Die diere is in slegte kondisie, die ongelukkige situasie met meeste van hierdie ‘boere’ se diere. En dan pleeg jy nog moord op die koop toe; voorvadergees besete.

christo ·

Die taalgebruik is verwarrend. Die veewagters is nie ‘aangekeer’ deur die veediewe nie, hulle is aangehou en een is doodgeskiet.

Frederik C ·

Die mans wat die veewagters aangekeer het………………………………………..?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.