Veiligheidswag dood toe hy vrou help

(Argieffoto)

Die Parkweg-polisie in Bloemfontein is op soek na drie verdagtes wat Dinsdag ʼn veiligheidswag doodgeskiet het toe hulle ʼn vrou probeer beroof het. Die veiligheidswag het die vrou te hulp gesnel.

Volgens brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het die vrou omstreeks 17:30 haar man by haar sakeonderneming in Henry-straat in die middestad gaan oplaai. Twee veiligheidswagte wat die munisipaliteit se parkering laer af in die straat bewaak het, het gesien hoe twee onbekende mans die vrou in haar wit Toyota Fortuner probeer beroof.

Die veiligheidswagte het nader gekom om haar te help. Een van die verdagtes het ʼn skoot afgevuur en die 46-jarige veiligheidswag raakgeskiet. Hy is op die toneel dood.

Die verdagtes het van die toneel gevlug. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

“Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om te help om hierdie genadelose mense op te spoor wat die veiligheidswag geskiet het bloot omdat hy ʼn weerlose vrou probeer help het” sê Makhele.

Die polisie versoek enigiemand met meer inligting om met hulle in verbinding te tree deur die ondersoekbeampte, Malefetsane Ramolula, by 082 525 2603 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nie Verbaas ·

Bring die doodstraf terug. Regering verwys na menseregte? Wat se reg het n persoon as hy die lewe van n ander neem? Tronke sa leeg wees en hy/sy sal nooit weer kan moor of roof nie.

Pieter ·

Hoe definieer ‘n mens “misdaad teen die mensdom”? Die algehele morele verval in die land, van korrupsie tot daaglikse moord en die sirkus in die parlement is reeds ‘n misdaad teen die land se inwoners. Die kreupel ekonomie daarby verseël die aanklag. FW de Klerk moes dit gebruik as ‘n teenargument.

Michael ·

Die polisie,gaan nie help want hulle president ontken op internasionale media dat die probleem nie bestaan nie ,die boere sal meer paraat moet word hulle bewapen en voorsorgmaatreels moet tref om hul self en hulle familie veilig te hou .Die aanvallers sien die boere as sagte teikens en dit moet omgedraai word die aanvallers moet die boere vrees soos die terroriste die koevoet gevrees het in die bos oorlog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.