Veldbrand by Heidelberg bedreig plase

Die veldbrand het Maandag in die Gysmanshoekpas, noord van Heidelberg in die Wes-Kaap, uitgebreek (Foto: Verskaf)

ʼn Veldbrand wat Maandag in die Gysmanshoekpas, noord van Heidelberg in die Wes-Kaap, uitgebreek het, het Vrydagaand weer opgevlam.

Volgens die Tuinroete-distriksmunisipaliteit is die brand aktief in die noordelike en suidwestelike dele van die Gysmanshoekpas en nader dit ook die Overberg-distrikgrens.

Brandbestryders van dié munisipaliteit, die Hessequa-munisipaliteit, Working on Fire (WoF) en Cape Nature doen alles in hul vermoë om die verspreiding van die brand na plase in die Brandrivier-gebied te bekamp.

“Brandbestryders se grootste kommer lê suidwes binne die Tuinroete-distriksgrens met verskeie plase wat bedreig kan word. Veral omdat die voorspelde weer vir vandag nie gunstig is nie, met baie warm temperature wat voorspel word. Die huidige windrigting is noordoos en druk die veldbrand baie naby aan snellerlyne,” sê die munisipaliteit in ʼn verklaring.

Grondeienaars sal ook verdere brandbane aan die suidwestelike kant aanbring om die verspreiding van die brand na hul plase te verhoed. Lugsteun is op bystand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.