Verdagte aangekeer vir moord op Tulbagh  

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Amirali Mirhashemian/Unsplash)

ʼn Man van Lesotho is Dinsdag in hegtenis geneem nadat vier mans die naweek koelbloedig op Tulbagh in die Wes-Kaap vermoor is.

“Speurders verbonde aan die Wes-Kaap se eenheid vir ernstige geweldsmisdaad het alle leidrade opgevolg en ʼn soektog geloods na ʼn bekende dwelmhandelaar in ʼn plaaslike nedersetting. Dit het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn 29-jarige onwettige immigrant van Lesotho in die Marikana-nedersetting,” het kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, gesê.

Maroela Media het Maandag berig ses mans en drie vroue het Saterdagaand by ’n huis in Joostestraat gekuier toe onbekende aanvallers omstreeks 21:00 op die groep losgebrand het.

Vier mans, onderskeidelik 30, 32, 33 en 37 jaar oud, is noodlottig gewond. ’n Vyfde man is later in die hospitaal opgeneem vir mediese behandeling.

Die verdagte sal Donderdag in die landdroshof op Tulbagh verskyn, waar hy op vier aanklagte van moord en een van poging tot moord tereg sal staan.

“Die ondersoek na die massamoord duur intussen voort en meer inhegtenisnemings kan nie uitgeskakel word nie, het Traut gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Perdeby ·

Leidrade het gelei na ‘n “BEKENDE DWELMHANDLAAR” nou vra ek net, hoekom is die man dan nie in die tronk as so so bekend is vir dwelmhandel nie???

Mauritz ·

‘n “Bekende” dwelmhandelaar. Hoekom is hy nie al toegesluit nie?

duiweboer ·

Weereens n Uitlander. Hulle verniel Suid Afrika en nou kan hulle binnekom sonder die nodige dokumentasie.

Anel ·

Nog ‘n uitlander, en ‘n bekende DWELNMANDELAAR!!! Pleks hy sommer ook dood geskiet is. Nou moet ons hom onderhou of hy gaan vry gelaat word!!!

Casper ·

Wat het hoedman gesê van die onwettig immigrante toe wou almal hom braai.Dit is ‘n voldonge feit dat hulle bereid is om vir baie minder geld te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.