Verdagte ná 10 jaar vas oor Eskom-bedrog

(Foto: Shutterstock)

ʼn 55-jarige verdagte, wat deur die Valke in Mpumalanga gesoek is oor bedrog, diefstal en geldwassery ter waarde van R14,7 miljoen, is in Gordonsbaai in die Wes-Kaap in hegtenis geneem.

Lt.kol. Siyabulela Vukubi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê die man is aangekeer deur ʼn span van die Valke se narkotikaburo, Kaapstad se nasionale ingrypingseenheid en provinsiale spoorspan.

“Daar word beweer dat die verdagte in April 2013 fakture by Eskom ingedien het vir die verskaffing van pompe, wat nooit afgelewer is nie. Sy ander medebeskuldigdes is in hegtenis geneem en is reeds op borgtog vrygelaat. Die hof het ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik. Hy het 10 jaar lank geregtigheid ontduik totdat hy aangekeer is.”

Die man sal in die Strand-landdroshof verskyn voor hy na Mpumalanga oorgeplaas sal word.

Genl.maj. Mathipa Makgato, Wes-Kaapse hoof van die Valke, het die span vir die deurbraak geloof en hoop dat geregtigheid sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.