Verdagtes met beskermde spesies in Kanoneiland betrap

Van die plante wat gevind is (Foto: SAPD Noord-Kaap)

Waaksame beamptes van die Kanoneiland-polisie in die Noord-Kaap was Maandagoggend besig met misdaadvoorkomingspatrollies toe hulle ʼn verdagte wit Nissan-vragmotor op die N14 opgemerk het. Die vragmotor het verskeie sakke vervoer en die beamptes was agterdogtig.

“Hulle het die vragmotor voorgekeer en ʼn roetine-inspeksie gedoen. Verskeie inheemse plante is in die sakke opgespoor,” sê sers. Omphile Masegela, woordvoerder van die polisie. “Die bestuurder van die vragmotor kon nie ʼn geldige permit of toestemming oorhandig om die plante te besit of te vervoer nie.”

ʼn Voorlopige ondersoek deur die eenheid teen veediefstal en bedreigde spesies, het onthul dat die plante na raming sowat R180 000 werd is.

“Die drie mans wat in die vragmotor gery het, is in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van beskermde plante.”

Een van die mans is boonop ʼn gesoekte verdagte in ʼn ander saak.

Die drie mans, onderskeidelik 27, 35 en 37 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn.

Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes, sers. Ephraim Olyn en konst. Michelle Kasper, geloof vir hul waaksaamheid en goeie werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.