Verdagtes vas ná dubbelmoord in Noordwes

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Twee verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die dubbelmoord op ’n paar wie se liggame verlede week in die Dithakong East-nedersetting in Mahikeng, Noordwes, gekry is.

Die liggame van Macdonald Stevens (48) en sy vriendin, Baitibadi Maduna (42), is onderskeidelik verlede Sondag en Dinsdag in die bosse van die Dithakong East-nedersetting gevind.

Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is vasgestel dat sekere liggaamsdele aan Maduna se liggaam verwyder is.

“Die paar is Sondag as vermis aangemeld, nadat hulle drie dae tevore (Donderdag 16 Junie) die laaste keer by Stevens se huis in die Setlopo-nedersetting in Mahikeng gesien is,” sê Mokgwabone.

Die verdagtes, 25 en 26 jaar oud, is ’n week later in Randfontein en die Setlopo-nedersetting aangekeer.

“Stevens se Toyota Quantum-minibus is in Lenasia, Gauteng, opgespoor. Die onderdele van die voertuig was reeds verwyder.”

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Molopo-landdroshof in Mmabatho verskyn op aanklagte van ontvoering, moord en motorkaping.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale polisiekommissaris in Noordwes, het die ondersoekspan geloof vir hul toewyding en harde werk wat tot die verdagtes se inhegtenisneming gelei het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

domheks ·

Moord, moord en nog moord? Is dit hoe cANCer se nuwe RSA in die toekoms gaan lyk?

Mariaan ·

Liggaamsdele verwyder…hoe SKOKKEND…die mensdom is darem wreed…nee genade..en ons land is die voorlopers!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.