Verdeling van inkomste oor eerste parlementêre hekkie

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste het die eerste hekkie in sy parlementêre reis Woensdagmiddag suksesvol oorgesteek toe dit deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is.

Die wetsontwerp bepaal hoeveel geld aan onderskeidelik die nasionale, provinsiale en munisipale regerings oorbetaal word om dienste aan die publiek te lewer.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, en die res van die ANC-sprekers in die debat se bydraes was maar bedroë op ‘n dag dat die BBC die omvang van die afgryslike wanbestuur, korrupsie en verval in hospitale in die ANC-beheerde Oos-Kaap op die lappe gebring het.

ANC-sprekers het apartheid nogmaals die skuld vir die land se probleme gegee, en geweier om verantwoordelikheid vir hul eie party se meer onlangse bydrae daartoe te aanvaar.

Namens die DA het Geordin Hill-Lewis die wetsontwerp teengestaan. Hy het uitgewys dat die ANC se praatjies in toesprake getoets word aan die afgryslike gevolge van hul onvervulde beloftes, korrupsie en stelery. Hy het voorspel dat die ANC eerder geld sal mors op die bodemlose put van die SAL as om dit uit te gee op die armes wat sterf in die ANC-regering se hospitale.

Die EFF-LP Natasha Ntlangwini het die wetsontwerp verwerp omdat dit na haar party se mening nie genoeg doen vir armes nie, in ‘n neo-liberale denkpatroon vasgevang is en bloot die ANC se armsaligheid herbevestig.

Wouter Wessels, VF Plus-LP, het gesê soveel belastinggeld word gesteel of wanbestuur dat belastingbetalers nie die dienste kry waarvoor hulle betaal nie, en al meer wonder hoekom hulle hoegenaamd belasting moet betaal.

Die wetsontwerp is met 214 stemme teen 119 aangeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

PieterP ·

Die spulletjie, verantwoordelikheid aanvaar? Julle grap seker. Hulle word direk verbind met hoeveel bedrog en wanbestuur van fondse en hande in die koekieblik en wie word verantwoordelik gehou… Niemand. Apartheid het julle seker skelm en korrup gemaak

Termiet ·

Apartheid sal nog vir die volgende 200 jaar gebruik word. Al is daar nie een wit gesig in die land nie.

Kokerboom ·

Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid bestaan NIE in die ANC se verwysingsraamwerk. Dis werk!!!
Ook die woorde onderhoud en toekoms in die afrika verwysingsraamwerk.
Die mense KAN NIE ‘n land regeer of bestuur en beheer toepas.Die toewyding, gewilligheid, neiging, lus en motivering ontbreek total maar NIE as dit by beplanning vir pleeg van bedrog, diefstal en korrupsie kom.
Die ge-indoktrineerde swart massas stem op grond van kleur en NIE ekonomiese realiteite…hul verstaan dit nie

christo ·

Africans Notorious for Corruption en Everything For Free. Die staatskas is soos ‘n huis wat leeg staan en geplunder word. Eers al die krane en kragdrade, dan die dakplate totdat die laaste baksteen weggedra word. Hierdie damwal is besig om te bars. Om jou kinders te oorreed om ‘n heenkome oorsee te gaan vind, veral as hulle goed gekwalifiseerd is, is moeilik want hulle wonder wat gaan met ons as ouers gaan gebeur. Ek het miskien nog 10 jaar om te leef, maar daar is ten minste 40 jaar vir hulle loopbane. Witmense is nie meer welkom in SA nie.

Jakes ·

Ek sal 4 nuwe woordeboeke skep as ek my mening oor die ANC regering moet gee.

daniel ·

Natuuflik sal die delers van die korrupsie buit sàamspan in pogings om die korruptes te beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.