ʼn Verslag oor finansiële wangedrag wat aan die raad van die Sol Plaatje-munisipaliteit voorgelê is, bevat verdoemende bevindings, veral rakende die finansiële hoof wat tans op voorkomende skorsing is.
Die volledige verslag deur die Noord-Kaapse departement van samewerkende regering sal behandel word op ʼn spesiale vergadering van die munisipale raad, wat Kimberley en Ritchie bedien.
Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-raadslid in Sol Plaatje, sê die betalingstelsel van die munisipaliteit, veral vir buitengewone betalings, sowel as kommunikasie met inwoners is in die voorlegging gekritiseer. “Sekere kontrakte is uitgelig as geleenthede waarby onreëlmatighede voorgekom het.”
Die geskorste finansiële hoof is in verskeie van die bevindings genoem. “Die komitee beveel aan dat dissiplinêr teen haar opgetree word, en in een geval ook ʼn kriminele klag [ingedien] word. Weens die munisipale bestuurder se status as rekenpligtige beampte moet alle optrede teen haar ook teen hom ingestel word; hy is in die finale instansie verantwoordbaar,” sê Boshoff.
Kritiek is ook ingebring teen pogings om die twee senior amptenare se e-pos-rekenings te aktiveer terwyl hulle geskors was. Volgens Boshoff dui dit op “die weerloosheid van die munisipaliteit se inligtingstelsel”.
Hy meen die Diamantstad het sy eie stukkie staatskaping blootgelê. “Teen dié agtergrond is dit onverstaanbaar dat Sol Plaatje slegs voorsiening maak dat die twee groot partye, die ANC en die DA, in stadsraadskomitees kan dien. Ander partye het wel sittingsreg, maar nie stemreg nie.”
Hy sê dit gebeur soms dat die aangewese lede nie die spesialiteitskennis het wat van groot waarde kan wees nie. “Die VF Plus beywer hom dus vir die verandering van die stelsel sodat elke raadslid tot goeie regering kan bydra.”
Absolute barbaarse SELFSUG!!!!!!! GEWETENLOSE diewe vat vat en vat en vat en vat… ANC LEGACY!!! SHAME ON YOU
Is dit nie eerder verdoemende verslag nie?
Nee, dis net nog `n verdomde verslag. haha
Gelukkig is daar deesdae rekenaars waarop al die verslae gestoor kan word,anders het ons `n hengse probleem gehad met die berging daarvan.
Ongelukkig kom daar dadels van al die verslae.
Dagsê Dawie! Dankie vir jou oplettendheid. Ons het dit reggestel. Groetnis, Morné nms. Maroela Media
Verdoemde? VERDOMDE? VERDOEMENDE …
Julle is onproffessioneel verby
Haha, kyk wie praat Rudi. Ek sal nie spel as ek jy is nie. “Onproffessioneel” noggal ne. Probeer weer….
Dagsê Rudi,
Dankie vir jou belangstelling. Is dit nie gerusstellend om te weet ons is almal menslik nie? Of ons nou professioneel met een of twee f’s spel, almal begaan af en toe foute.
Groetnis, Morné nms. Maroela Media
As ons inligting stelsels so weerloos was, dan sou hulle nie gefaal het om hulle epos te her-aktiveer nie… mense moet dalk begin feite reg rapporteer, dan kan dit dalk beter gaan.
Als word gedraai om opslag te maak en vingers te kan wys. Ek sien baie wat kla en vingers wys, niemand wat opstaan met bruikbare oplossings nie.