Vermeende moordenaar vra dalk borgtog

Argieffoto (Foto: VBlock/Pixabay)

Die vermeende moordenaar Jan de Klerk van Wyk sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Vosloorus om borgtog aansoek doen.

Dít nadat hy die afgelope sewe jaar op vrye voet was.

Van Wyk word aangekla van die moord op Izak van Zweel.

Maroela Media het vroeër berig Van Wyk is op 29 September 2016 reeds skuldig bevind op aanklag van moord met voorbedagte rade op Van Zweel waarvoor hy lewenslange tronkstraf opgelê is.

Van Wyk het egter destyds suksesvol geappelleer weens ’n tegniese punt dat die landdros versuim het om hom in te lig van sy reg om te versoek dat assessore tydens die verhoor aangestel word. Sy skuldigbevinding en vonnis is tersyde gestel, en die hof het beveel dat die saak van voor af aangehoor word.

Dit het egter nooit gebeur nie.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het egter nou onlangs ’n brief aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gestuur waarin hulle gevra het hoekom die saak nie weer ingeskryf is nie.

Binne drie dae is dit bevestig dat die getuies steeds beskikbaar is. ’n Nuwe lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en Van Wyk is voor die hof gedaag.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig Van Zweel se suster, Lizette Brooks, in die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Christine ·

Ken glad nie hierdie saak nie. Het probeer soek op die internet, maar kry niks.

Harley Davidson ·

Afriforum blyk permanent besig te wees om die regstelsel se nalatigheid reg te stel nou wonder ek wat die persentasie is van die sake wat nooit aangehoor word nie en skuldiges wat wegkom met moord.

SwartBees ·

En dan met so reg stelsel wil mense die doodstraf terug bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.