Video: Dié seekoei wil landbouskool toe

Die seekoei wei by Merensky Landbouskool. (Foto: Verskaf)

Die seekoeie in Tzaneen, Limpopo, sal moet begin skoolgeld betaal nadat nóg een van die wilde diere onlangs weer op die Merensky Landbou Akademie se terrein gewaar is.

Vir die personeel en leerders van die skool is dit egter nie meer ʼn ongewone verskynsel nie; die skool is op ʼn plaas tussen Tzaneen en Duiwelskloof geleë en danksy die vele damme in die omgewing maak die seekoeie gereeld by Merensky ʼn draai.

Hulle het selfs al die rugbyveld se besproeiingstelsel ʼn paar liederlike knoue gegee.

ʼn Video van die jongste besoek is dié keer op sosiale media gedeel.

Louis du Preez, skoolbemarker, sê Magnus Steyn, hoof van die Merensky Landbou Akademie, het op die oggend van 20 Januarie ʼn oproep in die personeelkamer ontvang oor nóg ʼn seekoei wat flink op pad was skool toe.

Jan Potgieter, terreinbestuurder, het die seekoei by die hek ingewag en ʼn video geneem van die dier wat ongeërg by die ingang van die skool stap terwyl omstanders hom vanuit hul motors dophou.

“Hoewel ons dadelik al ons onderwysers en leerders ingelig het dat ʼn seeikoei ons weer besoek en almal versigtig moet wees, het die seekoei niemand gepla nie en rustig na ʼn watergat tussen die makadamiabome op die skoolterrein gewaggel.

“Toe ons later weer gaan kyk, het ons gas genoeg gekuier en was die seekoei skoonveld,” vertel Du Preez.

Video: Dié seekoei wil landbouskool toeDie seekoeie in Tzaneen, Limpopo, sal moet begin skoolgeld betaal nadat nóg een van die wilde diere onlangs weer op die Merensky Landbou Akademie se terrein gewaar is.Vir die personeel en leerders van die skool is dit egter nie meer ʼn ongewone verskynsel nie; die skool is op ʼn plaas tussen Tzaneen en Duiwelskloof geleë en danksy die vele damme in die omgewing maak die seekoeie gereeld by Merensky ʼn draai.Hulle het selfs al die rugbyveld se besproeiingstelsel ʼn paar liederlike knoue gegee.ʼn Video van die jongste besoek is dié keer op sosiale media gedeel.Louis du Preez, skoolbemarker, sê Magnus Steyn, hoof van die Merensky Landbou Akademie, het op die oggend van 20 Januarie ʼnoproep in die personeelkamer ontvang oor nóg ʼn seekoei wat flink op pad was skool toe.Jan Potgieter, terreinbestuurder, het die seekoei by die hek ingewag en ʼnvideo geneem van die dier wat ongeërg by die ingang van die skool stap terwyl omstanders hom vanuit hul motors dophou.“Hoewel ons dadelik al ons onderwysers en leerders ingelig het dat ʼn seeikoei ons weer besoek en almal versigtig moet wees, het die seekoei niemand gepla nie en rustig na ʼn watergat tussen die makadamiabome op die skoolterrein gewaggel.“Toe ons later weer gaan kyk, het ons gas genoeg gekuier en was die seekoei skoonveld,” vertel Du Preez.Video: Verskaf

Posted by Maroela Media on Friday, February 3, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.