ʼn 24-jarige man wat glo twee dae lank hoog bo die water onder ʼn brug in Durban, KwaZulu-Natal, vasgesit het, is Maandag tydens gewaagde reddingspoging gered.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care-paramedici, het gesê iemand het die man vanuit ʼn boot op die Umgenirivier wat onder deur die Connaught-brug vloei, gesien. Dit is nie duidelik hoe die man tot daar gekom het nie.
“Lede van die SAPD se soek-en-reddingseenheid, IPSS Medical en Rescue Care is na die toneel ontbied,” het Jamieson gesê. Toue is gebruik om die man te bereik en reddingswerkers het ʼn gespesialiseerde harnas om hom geplaas. Hy is toe met die tou afgesak na die watervlak.
“Paramedici het die duidelik gedehidreerde man op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn hospitaal gehaas is. Die polisie sal die voorval verder ondersoek,” het Jamieson gesê.
Nou hoekom is die politieke partye so stil hieroor. Mense wat hulle eie lewens in gevaar stel om ‘n onbekende man te red is mos nou iets om op trots te wees!
O ja, nou onthou ek, met die politieke situasie tans in die land pas so ‘n storie nie in hulle kraal nie.
Manne en Vroue wat die man gered het, ek is besonder trots op julle en julle verdien alle eer!
Mooi gesê Koos1. Ek stem saam en ja … Well done to the Rescue Workers. Keep up the good work x