Die slenter behels dat diewe ’n toestel gebruik om te keer dat ‘n motor met afstandbeheer gesluit kan word. Die onderstaande reeks van drie video’s wys hoe ‘n vrou na werk by ‘n vulstasie in Midrand stilgehou het en haar skootrekenaar uit haar motor gesteel word sonder dat enigiemand besef wat aan die gebeur is.
In die eerste video kan gesien word hoe die vrou by die vulstasie stilhou met haar silwer luikrugmotor. Die motor langs haar ry later waarna die diewe met hul wit luikrugmotor langs haar motor gaan stop. Die vrou klim uit en sluit haar motor met die afstandbeheer maar maak nie seker of die motor wel gesluit is nie.
In die tweede video kan daar gesien word hoe een van die diewe, in ‘n wit T-hemp, agter die slagoffer staan en seker maak sy is onbewus van wat buite aan die gebeur is.
In die derde en laaste video kan daar vlugtig aan die begin van die video gesien word hoe die skootrekenaar uit die kattebak gesteel word.
Vandat ek die eerste keer gehoor het hiervan, het ek dit op die proef gestel en van daar af, maak ek DOODSEKER my motor is wel gesluit, terwyl ek by my motor staan. Voel ALTYD aan die deur, al flikker die rooi liggie. Mens kan net NOOIT te versigtig wees nie.
@Trippie – stem absoluut saam! Mens sien gereeld ‘n persoon wat in ‘n parkeerarea net in ‘n motor sit en niks doen en glo my hy wag beslis nie vir vroulief om klaar inkopies te doen nie. Ek het lank gelede hiervan per e-pos gehoor en was ons een dag by ‘n inkopiesnetrum. Toe my man sy knoppie druk maak dit half snaaks en kyk ons om en wraggies is die deure NIE gesluit. Dit het nog nooit voorheen gebeur nie. Toe sit daar ook ‘n knaap net en KYK vir mens – natuurlik deel van ‘n span wat dan sal toeslaan op jou kar sodra jy weg is. Toe sien ons ‘n ruk na dit ook op Carte Blanche hiervan! Mens moet maar in ons land 100x seker maak oor alles, dit is net so!
Was daai Coke bottel getoets vir vingerafdrukke??
Sulke lae blixems