Vier in huis in Nyanga doodgeskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n misdaadtoneel. (Foto: Unsplash)

Die Wes-Kaapse polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur ná vier mense Sondagaand in ʼn huis in die Lloyd- informele nedersetting in Nyanga in Kaapstad doodgeskiet is.

Drie mans en ʼn vrou is doodgeskiet. ʼn Vyfde slagoffer, ʼn vrou, is gewond en in ʼn hospitaal opgeneem.

Polisiebeamptes is omstreeks 21:40 na die toneel ontbied, sê kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder.

Traut sê die motief vir die moorde vorm deel van die ondersoek en geen inhegtenisnemings is al gedoen nie.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval, word versoek om die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 te skakel. ʼn Anonieme wenk kan ook op die MySAPS-app deurgegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Di ·

Dis skokkend hoeveel moorde daagliks in SA plaasvind. Die korrupte regering moet pa staan vir al die moorde! Cele en sy trawante is absoluut pateties,sit net en wag vir die volgende salaris. Tyd dat al hierdie onbevoegde kaders die pad vat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.