Vier keer lewenslank vir Pta-ma wat verkrag

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Waarskuwing: Die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

’n Ma van Dorandia in die noorde van Pretoria is Donderdag vier lewenslange vonnisse én ’n verdere 30 jaar tronkstraf opgelê vir die verkragting en seksuele misbruik van haar vyfjarige dogter.

Die swaar straf volg nadat die 39-jarige ma skuldig gepleit het op tien aanklagte, waaronder vier van verkragting, drie aanklagte van die skep van pornografie, twee aanklagte van seksuele aanranding en een aanklag van die ontbloting van geslagsdele.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die ma was tussen Desember en Maart vanjaar in ’n verhouding met haar medebeskuldigde. In hierdie tyd het die paartjie die dogtertjie met verskeie voorwerpe verkrag.

Die ma, en na bewering ook haar kêrel, het die kind ook seksueel aangerand en haar gedwing om seksuele dade op hulle uit te voer. Die ma sou ook foto’s van haar dogtertjie se geslagsdele neem en video’s maak waarin sy seksuele dade op haar kind uitoefen en dit dan aan haar kêrel stuur wanneer dié by sy eie huis was.

Die ma is op 18 Maart vanjaar in hegtenis geneem nadat sy ’n ontstellende video van haar dogtertjie aan ʼn vriendin op WhatsApp gestuur het en die vriendin ’n saak by die polisie aanhangig gemaak het.

Die ma het in die hof aangevoer dat sy die oortredings gepleeg het omdat sy na haar kêrel se aandag en goedkeuring gesmag het. Sy het ook aangevoer dat sy altyd tuis was aangesien sy ook na haar 15 jaar oue gestremde kind moes omsien.

Die ma se regspan het die hof gevolglik gevra om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk en haar 20 jaar tronkstraf op te lê.

Hanlie du Preez, staatsaanklaer, het egter gevra vir die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf omdat die ma in ʼn vertrouensposisie was. Die staat het aangevoer dat die ma veronderstel was om haar kind lief te hê en te beskerm, maar haar pleks daarvan uitgebuit het.

Du Preez het ook daarop gewys dat verkragters in die meeste gevalle nie vreemdelinge is nie, maar dikwels diegene na aan die slagoffers.

Die landdros het eindelik met die staat saamgestem en gesê ʼn swaar vonnis is die enigste gepaste straf in dié geval.

Die NVG het die vonnis te midde van die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, verwelkom.

Die vrou se medebeskuldigde sal na verwagting in Februarie weer in die hof verskyn en sal moontlik dan op die aanklagte teen hom pleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Antie Sarie ·

Let the punishment fit the crime. Goed soos sy kan nie ge rehabiliteer word nie.

Porseleintjie ·

Ek het nie woorde nie. Sodom en Gomorra is mak teen vandag se wêreld.

Sarel ·

Die Vonisse word seker weer gelyklopend uitgedien en dan is daar die kwessie van Parool

Amelia ·

Selfs al dien sy al daai straf ten volle uit, sal die swaarkry en ongemak wat sy verduur nooit eers naby die ellende kom waartoe sy haar kind vir die res van haar lewe verdoem het nie. So kry maar vir jou. Mag die kinders genadiglik by goeie mense opeindig.

Daniel ·

Wees geduldig die ander gevangenis sal met haar afreken dit verseker ek julle

kristi ·

Wens ek kon verstaan …. hoe de hel doen veral n ma, wat juis veronderstel is om haar kind te beskerm, so siek “iets” aan haar kind????? Dit vir n blerrie man se aanvaarding en liefde?? Dis geen liefde nie dis verby siek wees!!!!
Ek is egter dankbaar die sisteem het die kind nie “gefail” soos in persoonlike geval wasrvan ek bewus is nie.

Kiewiet ·

Sy is ‘n nikswerd gemors!! en sy sal nooit gerehabiliteer kan word nie want sy is SIEK in haar hele wese SIES dis ‘n skreiende skande..S y het haar kind v ewig geskend!!

Niklaas ·

Daar is heelwat “sicko’s” daarbuite. Hierdie vrou is een.

Sonblom ·

Ma? Sy is die naam “ma” nie werd nie! En om te sê sy is siek is ‘n ligte woord vir wat sy is. Sy sê sy het na haar kêrel se aandag gesmag. Haar kind moes haar prioriteit gewees het! Nie ‘n kêrel nie! Dankie tog vir die vriendin wat ‘n saak gaan maak het.

Nettie ·

My hart is so seer vir die dogtertjie. Mag sy iewers ‘n plekke, ‘n huis, kry waar sy veilig en ongedeerd van nou af groot kan word. Waar sy die regte hulp sal ontvang om die trauma so goed moontlik te verwerk, en dat sy nie sal toelaat dat hierdie tyd haar lewensrigting bepaal nie. Mag sy hulle eendag vergewe. En mag sy self volle geluk, veiligheid en liefde in die lewe sal ontvang en uitlewe. Mag haar ouer boetie/sussie ook ‘n veilige huis en hulp en ondersteuning ontvang.

En mag God haar ma en die se kerel vergewe, want op hierdie oomblik weet ek nie hoe ons as mense veronderstel is om dit te moet doen nie. Ek hoop die kerel word ook skuldig bevind en sit net so lank.

Dankie aan die vriendin wat dadelik opgetree het.

Oom Dawie ·

Dis gewoonlik net een ouer wat die pad so buister raak. In die arme dogtertjie se gaval sommer beide.
Ek hoop regtig sy kry die beste berading en sorg van hier af om tog oor dit te kom – gesien haar jong ouderdom.
Hartverskeurend.

Jillian ·

Doodstraf sou ook gewerk het! Sies jy is nie die woord ma werd nie. Jammer aan daai kind wat vir die res van haar lewe met die aaklige herrinnerings moet loop. En aan die ander kind wat nie verstaan waar haar ma is nie! Ek skaam my dood vir so ouer!

Sharmane ·

`Dis so n gruwelike daad . Dat tronkstaf nie eens genoeg is nie. Hulle is die laagste form van skuim!!!!

Jixy ·

Ek hoop sy word in die tronk behandel soos sy haar dogter behandel het. Selfs daar weet meeste van hulle dat hierdie tipe ding nie aanvaarbaar is nie.

Sterkte aan die dogtertjie en haar ander familie asook die vriendin wat die video na die polisie toe gevat het. Mag hul deur hierdie moeilike tyd kom en sterkter anderkant uitkom.

Nico ·

Die veldtog van aktivisme teen geweld op vroue en kinders is ‘n absolute grap, daar word regtig niks aan die sake gedoen nie, beskuldiges kry kastig twee lewenslange vonnise, na 3 jaar kry parool vir goeie gedrag, dan word dit weer gedoen die howe en regstelsel in SA is daarmee heen.

JohanR ·

Hoe het die hartseer in daai 5 jarige se oogies nie vir Mamma gekyk, terwyl jy haar verkoop het nie. Dankie tog ek het ‘n Ma en Pa gehad wat streng was, maar oorvloed liefde gegee. Dankie Mammie en Pappie.

Marcello ·

Stem saam Kristi, ten minste het die sisteem nie die kind gevaal nie, ek weet waarvan ek praat, van die sisteem ‘n kind gevaal het, en nou moet hy vir die res van sy lewe rondval.

Sarel ·

4 x Keer Lewenslank..plus …word in SA gelyklopend uitgedien en sy kwalifiseer nog ook later vir Parool
So hoe lank gaan sy sit…

Yvonne ·

Wat n tragiese en gruwelik daad…siek tot in hulle diepste wesens..arme kind wat gaan van haar word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.