“Ek dink dis hoogs onvanpas om goed wat ek vir jou persoonlik gesê het voor almal uit te blaker,” het ʼn ontstelde Mel aan Renske gesê.
Lees meerAlles vir Donderdag 8 Desember 2022
Derduisende bestee op diesel vir ministers se kragopwekkers
“En terwyl belastingbetalers in die duister sit, word hul swaarverdiende belasting gebruik om krag vir die ministers op te wek.”
Downer steeds doring in Zuma se vlees
Oudpres. Jacob Zuma probeer nou al sedert Oktober verlede jaar om Downer as die aanklaer in die wapentransaksie-korrupsiesaak teen hom te laat verwyder.
Masels nou al in vier provinsies aangemeld
Altesaam drie gevalle is Dinsdag in Gauteng aangemeld, wat volg op drie gevalle wat Vrydag in Noordwes opgemerk is.
Wenke vir padveiligheid tydens dié Kerstyd
Statistieke van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) toon aan dat daar altesaam 1 395 noodlottige ongelukke en 1 808 padsterftes was gedurende die feestyd wat van 1 Desember 2021 tot 11 Januarie 2022 gestrek het.
ToekomsVenster: Dis die goed wat ons grootmaak
“Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
Gesondheidsdepartement slaggereed vir feestyd
Dr. Joe Phaahla het tydens die konferensie ook verduidelik dat die departement reeds besig is om prioriteitshospitale te laat wegbreek van Eskom as kragvoorsiener.
‘Rianette en die Internet’: Veilige vakansietyd; beskerm jou persoonlike inligting
In die jongste aflewering van “Rianette en die Internet”, deel Rianette Leibowitz ʼn paar slaggate om voor uit te kyk en herinner ons aan maniere om ons private inligting beter te beskerm.
Vier keer lewenslank vir Pta-ma wat verkrag
Die ma is in Maart vanjaar in hegtenis geneem nadat sy ’n ontstellende video van haar dogtertjie aan haar vriendin op WhatsApp gestuur het.
Mantashe looi Eskom oor fase 6: Dis ‘erger as staatskaping’
“Kragonderbrekings het ʼn vernietigende uitwerking op huishoudings en lewensbestaan, belegging en die ekonomiese klimaat. Hierdie is geheel en al onaanvaarbaar.”
Groot pret wag op #NetGIRLS-bootreis
Vroue, jonk en oud, kan solank hul vere regskud en tiaras afstof vir ʼn onvergeetlike bootreis van Durban na die Portugese Eilande.
Driedag-partytjie vir wêreld se oudste skillie
Jonathan het meer wêreldgebeure as enige mens oorleef.
DA soek gebeurlikheidsplan sou kragnetwerk vou
“Die DA is terdeë bewus daarvan dat ʼn totale ineenstorting van die netwerk vernietigend vir die ekonomie en lewensbestaan van ons burgers sal wees, daarom is ʼn plan so broodnodig.”
GOOD kap na ‘rassistiese’ Wes-Kaap
Ons ken nie die volle storie oor wat by Hank’s Olde Irish-kroeg gebeur het nie. Wat ons wel weet, is dat daar genoeg van hierdie tipe voorvalle in Kaapstad en omstreke is om ’n patroon van vooroordeel en diskriminasie te skets.”
Ellende in Zim oor 19 ure beurtkrag
Zimbabwe voer reeds krag in van Suid-Afrika, Zambië en Mosambiek, maar dié lande spook self om die ligte op eie bodem aan te hou.
Koeberg nou eers Saterdag afgesit
Eskom sê hy is gereed om met die werk by Koeberg voort te gaan, maar wil hê die nasionale kragnetwerk moet eers weer bestendigheid bereik.
ANC moet ‘sterk, onbevlekte leiers’ kies
Die veteraneliga sê hy glo dat enigeen wat by ongerymdhede betrek word, onder meer deur ʼn kommissie van ondersoek, wetstoepassingsagentskappe en die ANC se integriteitskommissie, nie verkiesbaar moet wees nie.
Klagtes teen Fochville-verdagte teruggetrek
Dit het tydens ʼn vorige hofverskyning in November aan die lig gekom dat Cecilia Storbeck as staatsgetuie teen die ander beskuldigdes wil getuig.
Krisis met Sassa-toelae: Geld is ‘net weg’
“Ons geld is weg. Ons balans is maar R4.”
Harry en Meghan vir podsending, aktivisme vereer
“Die egpaar het nog altyd uitgestaan vir hul bereidwilligheid om te praat en die narratief oor rassegeregtigheid en geestesgesondheid oor die hele wêreld heen te verander.”