ANC moet ‘sterk, onbevlekte leiers’ kies

(Argieffoto: Rapitse Montsho/Flickr)

In aanloop tot die ANC se 55ste verkiesing en die parlementêre debat oor pres. Cyril Ramaphosa se lot, het ANC-veterane vandeesweek gesê die party moet “in die beste belang van die land optree”.

Volgens die nasionale taakspan van die ANC se veteraneliga behels dít die vermindering van onsekerheid, ’n bestuurde, deursigtige proses en respek vir die oppergesag van die reg.

“Dit is nou ʼn tyd waar ontwrigtende magte die ANC se pogings tot vernuwing kan destabiliseer en daar moet ten alle koste daarteen gewaak word,” het dr. Snuki Zikalala, sameroeper, gesê.

“Met die benoeming van sy voorkeurkandidate vir leiersposisies in die ANC, was die veteraneliga vasbeslote dat hy geen leier sal ondersteun wat op enige manier bevlek is nie. Ons bly oortuig, meer as ooit, dat vir die ANC om homself te vernuwe en die vertroue van die mense terug te wen, die party geloofwaardige leierskap nodig het saam met ʼn plan van aksie om weer hoop in die ANC te laat opvlam.

“Een van die sleuteltake van die ANC se komende nasionale konferensie is om ʼn nuwe leierskap te verkies.”

Die veteraneliga sê hy glo dat enigeen wat by ongerymdhede betrek word, onder andere deur ʼn kommissie van ondersoek, wetstoepassingsagentskappe en die ANC se integriteitskommissie, nie verkiesbaar moet wees nie.

“In dié verband het die taakspan sy kommer uitgespreek oor die gepubliseerde lys van benoemings vir die komende verkiesing, insluitend die gebrek aan verteenwoordiging, of die keuringsproses afgehandel is, en of die name van kamerade wat benoeming van die hand gewys het, bekend gemaak kan word.

“Daar is ooreengekom dat die veteraneliga dit as ʼn saak van dringendheid met die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sal opneem, ook om te verseker dat die keuringsproses diegene uitsluit wat die organisasie in oneer gebring het.

“Voortspruitend uit die beleidskonferensie is daar wysigings aan die ANC-grondwet wat geskeduleer is vir aanvaarding by die 55ste nasionale konferensie. Die veteraneliga sal hom sterk beywer vir die aanvaarding van hierdie wysigings, veral dié wat die integriteitskommissie konstitusioneel maak en die ANC se dissiplinêre en interne geskilbeslegtingsprosesse versterk.”

Die taakspan sê dié wysigings is ʼn grondslag om die vernuwing van die ANC te bevorder.

“Terwyl die ANC sy 55ste nasionale konferensie nader, glo ons dat die ANC nie net ʼn sterk, onbevlekte leierskap moet kies wat die ANC en die land vorentoe sal neem nie, maar daar moet ook ’n duidelike en doelgerigte plan wees om dit te doen. Om dié rede is die taakspan besig met ʼn plan van aksie wat by die nasionale konferensie voorgelê sal word. “Ons sal ’n beroep op alle benoemde leiers doen om hulself openlik daartoe te verbind om hierdie plan te onderskryf en in te stel deur staatskaping en korrupsie te beveg; deur die bou van modelle vir volhoubare dienslewering op plaaslike regeringsvlak; aktiewe openbare deelnameprosesse; en die herbou van die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

CRDP ·

Ag ASB, ek weet hoe kies hulle hulle leiers by die konferensie. Hulle suip en dan hou hulle ‘n dance-off en die een wat wen kies wie doen wat

Gerhard ·

Wat ek egter nie kan verstaan nie is, hoe kan enige iemand in die parlement toegelaat word wat nie ‘n vlekkelose kriminele rekord het nie? Ek is seker maar “old school” of net te dom om dit te verstaan, maar hoe kan enige vorm van leier ‘n kriminele rekord he en dan nog in die posisie bly?

CRDP ·

Bribes, jy sal verbaas wees wat mens kan reg kry met ‘n KFC Streetwise Two

piet ·

Jy kan ‘n kriminele rekord he en in die parlement sit. Jou straf moes net nie gevangenisstraf van meer as 2-jaar oorskry nie.

Chris dupreez ·

Met ander woorde , julle sal niemand kan kies nie. Ek sal graag wil weet wie in die anc se huidige en opkomende leiers asook die veterane liga is nie op een of ander manier ” bevlek ” nie en wil nie alles vir hulle self doen nie , maar vir Suid Afrika.

Patch ·

Is daar so iets? Indien daar wel ‘n SKRALE kans is gaan dit nie lank wees voor die “onbevlekte” kader sy hande diep in SA se geldkoffers steek nie. Die een wil meer korrup as die ander wees.

Nie Verbaas ·

Daar bestaan nie so iets in die ANC nie. Happy hunting.

Suzette ·

So wie sou dit wees? Weet nie van een wat aan die kriteria voldoen nie…….

KaRoOkWaGgA ·

As hulle in enige beste belang van die land wil optree, ontbind die party. Ongelukkig is daar geen politieke party wat die land kan red nie. Die hele storie gaan oor magbeheptheid. Dit laat my dink aan die nar wat in beheer van die paleis geplaas word. Skielik is die nar nie ‘n koning nie, die paleis verander eerder in ‘n sirkus.

Jan GL ·

So n mens moet nog gebore word maar dit sal nie vir die Afrca National Corruption party wees nie.

Rooikopheks ·

Defnitief die beste grap van die jaar, daar is niemand in die anc met skoon hande nie, laat staan nog skoon gewetes.

Kokerboom ·

Dis nogal lagwekkend. Die sog. veterane leef op hul eie illusieplaneet. Die HELE ANC is inherent verrot en korrup. ‘n SA SONDER die ANC is die eerste prys

Mieke ·

Hoe gaan hulle in elk geval ‘n eerlike verkiesing hou? Daar is gewoonlik so gepeuter en gekonkel met die uitslag …. Dit wil ek eers sien gebeur!!

Di ·

Ongelukkig bestaan daar nie iemand in die ANC wat nie “bevlek is nie! Hulle sal maar moet soek vir nuwe onbevlekte mense

Ronel ·

O liewe genade hoe lekker lag ek nou. Hierdie mense leef in n droomwêreld. Oh my word!!!!!!!!

Gert ·

Dit is baie makliker om hoender tande in die hande te kry daar waar die Unikorns wei as om n’ onbevlekte leier in die ANC op te spoor.

Heinrich ·

ANC moet ‘sterk, onbevlekte leiers’ kies… Ek het ‘n groter kans om Kersvader in sy slee voor die maan verby te sien vlieg.

Chantal ·

Whahahaha, onbevlekte leiers in politiek, standdup comedy at its best!

Chris ·

Nou waar gaan hulle vandaan kom? As jy dit wil glo, sal jy aan Roiikappie en Sneeuwitjie ook glo.

Sê maar net ·

Ek lag my ‘n papie! Onbevlek??? Onkorrup? Hahaha!! Hulle gaan vêr moet soek.

Nettie ·

Wanneer het die ANC al OOIT die land eerste gestel? Of die land se burgers?

Realis Thailand ·

Dit is onmoontlik om sulke leiers te kies want daar bestaan nie sulke leiers onder die anc lede nie

Danie ·

mmm…. Ja dis hoe dit eintlik werk. Mens plaas nie mense met ‘n kriminele record aan om die land te regeer nie.

Susanna ·

ANC ministerie moet verminder word! Hoeveel ministers en kie is daar nou waarvoor salarisse betaal word? Selfs geskorsde en afgedankte ANC lede ontvang nog steeds hul salarisse

annie ·

Die taakspan van die veterane-lieg-a… Wie is hulle? Laat ons hoor. Dit behoort baie interessant te wees.

Yvonne ·

Uit watter bondel gaan hulle n klompie kry….my asem kan ek nie vir te lank ophou nie asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.