Downer steeds doring in Zuma se vlees

Oudpres. Jacob Zuma in die hooggeregshof in Pietermaritzburg (31 Januarie 2022) (Foto: Jerome Delay/Pool/AFP)

Die Konstitusionele Hof het oudpres. Jacob Zuma se desperate poging om van aanklaer adv. Billy Downer ontslae te raak, afgekeur.

Zuma probeer nou al sedert Oktober verlede jaar om Downer as die aanklaer in die wapentransaksie-korrupsiesaak teen hom te laat verwyder.

In sy mees onlangse nederlaag het die appèlhof sy aansoek in Maart van die hand gewys en gesê daar is geen redelike vooruitsig dat die aansoek sal slaag nie.

Adv. Billy Downer tydens een van oudpres. Jacob Zuma se vorige hofverskynings. (Foto: AFP)

Zuma beskuldig Downer van vooroordeel.

Zuma se regspan het daarna  ʼn aansoek direk by die Konstitusionele Hof ingedien om teen die appèlhof se uitspraak te appelleer.

Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en rampokkery.

Die saak sloer nou al 20 jaar.

Afgesien van Downer, kla Zuma ook die News24-joernalis Karyn Maughan privaat aan vir die oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Hy het met die private vervolging van die twee begin omdat hy meen dat Downer vertroulike inligting oor sy mediese toestand aan Maughan uitgelek het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Nie Verbaas ·

Listen properly. Kry vir jou jou lafhartige, korrupte en arrogante “mens”. Maar wat gaan op die einde met hom gebeur? Absoluut niks.

SjN ·

Mediese geskiedenis uitgelek, hy is dan kwansuis terminaal siek, wat n rooi strikkie grap.

Martie Smartie ·

Downer moet ‘n reuse siviele eis instel teen uncle stortkop. Hy (Downer) kan nog die eieneaar word van die fire pool waarvoor ons almal betaal het he he

Piet Snot ·

“Downer is bevooroordeeld”: Waar het jy al ooit gehoor van ʼn staatsaanklaer wat nie is nie? Dis sy werk om bevooroordeeld te wees: ons het ʼn akkusatoriese regstelsel met ʼn aanklaer wat jou probeer vaskry, en ʼn prokureur wat jou probeer loskry.
Nog altyd baie goed gewerk.

Danie ·

Ek stel voor dat Downer onttrek die hele storie raak afgesaag.Kry n ander aanklaer wat is die issue????

Marcello ·

Hoekom Zuma sy sin gee, die probleem is Downer kan nie omgekoop word nie.

Johan ·

Ek vermoed dat Downer, aan die News24-joernalis Karyn Maughan gesê het dat Zuma se siekte pure onnoselheid en grootheidswaan is en dat iemand dit moes herhaal het. Dus probeer Zuma verhoed dat die publiek moet weet wat ons nog altyd weet……..hy is ‘n eenvoudige skepsel met ‘n baie grootheidswaan!! “n Dodelike kombinasie.

gatgogga ·

Ek het een teorie gehoor omtrent Zuma se siekte.
Listen properly: Dit lui dat Zuma soveel slegte gedagtes in sy kop vertroetel het, dat sy breintjie begin gis het daarvan. Die druk het sodanig opgebou, dat daar ‘n ontploffing plaasgevind het. Danksy die dikte van sy harspan, het die skedel nie gebreek nie, maar ongelukkig geweldig uitgebult na agter.

Owlie ·

Net nog n geld en tydmors sprletjie.
Na hoeveel however wil hulle nog gaan?
Hoekom lyk dit of almal bang is om hier op te tree, hom en al sy beskerming in hegtenis te neem en hom in n gewone gevangenis toe te sluit? Dis mos nou al oor en oor bewys waar al die probleme, bedrog en en en en lê.

Nee genade stop nou in Desember 2022 al hierdie geldmors, geldmaak speletjies en gee die ware betalendde mense in SA en die wêreld die eerste van vele verdiende Kersgeskenke – hopelik meer as net hierdie een inhegtenisnamd vsn SA sal kan doen met tenminste een.

marius ·

Nou weer dokter toe , op die belasting betaler se rekening . Die verhoor sal nooit plaasvind nie , maar laat hy dan maar elke aand met sooibrand gaan slaap ….. oor sy regskoste .

JohanR ·

Druk hom Billy druk hom. Ek hou van dink dat Zuma rol elke aand rond in nagmerries en skreeu Billy Billy Billy!

Yvonne ·

Wat se nuus is kamtig uitgelek….dat hy nie regtig liggaamlik siek is nie????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.