Ellende in Zim oor 19 ure beurtkrag

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Nuril Ahsan/Unsplash)

Zimbabwiërs spook die afgelope week om daaglikse take gedoen te kry nadat die land se regering 19 uur lange beurtkrag ingestel het.

Dié strawwe beurtkrag geld sedert verlede week met die krag wat dikwels slegs tussen middernag en 05:00 aangeskakel word. In hierdie tyd skarrel mense om kos gaar te maak, klere te stryk en water op te gaar.

Hoewel Zimbabwe, nes Suid-Afrika, geen vreemdeling vir kragonderbrekings is nie, het die probleem wesenlik vererger sedert sy hidrokragaanleg by die Karibadam se watervlak weens droogtes laag is.

Zimbabwe voer reeds krag in van Suid-Afrika, Zambië en Mosambiek, maar dié lande spook om net hul eie ligte aan te hou.

“Die situasie is beroerd,” sê Irvine Magede, ʼn vrugteverkoper in Harare se oudste township, Mbare.

“Ons word maar wakker gedurende die tyd wat hulle die plaaslike kragnetwerk aanskakel om ons selfone te laai en klere te stryk,” sê sy.

Universiteitstudente moes vandeesweek hul eksamens in ʼn halfverligte saal aflê en hospitale word soms sonder water gelaat omdat pompe nie werk nie.

Zimbabwe se jongste kragkrisis het aan die einde van November begin toe die hidro-aanleg in die Karibadam afgeskakel moes word weens ʼn gebrek aan water wat deur sy turbines gaan, sê die Zambezirivierowerheid wat die watertoevoer bestuur.

Die kragonderbrekings het verwoesting onder klein sakeondernemings gesaai – en hulle sukkel lankal reeds net om hul deure oop te hou.

Charles Svidzi, ʼn haarkapper, moes sy winkel sluit aangesien hy van elektriese haarknippers afhanklik is en daar snags geen klante is nie. Hy bied nou eerder ʼn diens aan waar mense hul selfone kan laai nadat hy ʼn klein sonkrag-aangedrewe battery bekom het.

ʼn Man met wie hy sy sake-eenheid deel, het nou begin om op die vloer van sy werkswinkel te slaap sodat hy snags metaalrame vir vensters en deure kan sweis wanneer daar krag is.

Die meeste gesinne het opgehou om bederfbare produkte in grootmaat te koop, veral vleis, en rantsoeneer hul eerder tot daaglikse kruideniersware-aankope om te verhoed dat die produkte vrot raak.

Slagters word ook swaar getref deur die kragonderbrekings. Prins Muza, eienaar van ʼn slaghuis, sê hy moes van sy vleis weggooi nadat dit vrot geword het.

“Daar sal soms nie geld wees om diesel vir die kragopwekkers te koop nie, dan word die vleis sleg. In sulke gevalle gooi ons die vleis weg of verkoop dit teen ʼn weggeeprys.”

Geen hoop in sig

Die regering gee toe die lang onderbrekings is uiters ontwrigtend.

“Die kragonderbrekings veroorsaak benoudheid, ongerief en onnodige koste vir burgers en sakeondernemings. Dit is betreurenswaardig,” het Nick Mangwana, regeringswoordvoerder, vandeesweek in ʼn twiet gesê.

Gloria Magombo, senior regeringsamptenaar, het Dinsdag gesê die land voer elektrisiteit van Suid-Afrika in, wat ook tans onder ure lange kragonderbrekings gebuk gaan.

Die kapasiteit word verhoog danksy kraginvoer van Mosambiek en Zambië. Laasgenoemde, wat die Kariba-reservoir met Zimbabwe deel, het egter gesê hy sal ook van die middel van die maand met sy eie ses uur lange kragonderbrekings begin.

Zimbabwe wek ook krag op van Hwange – sy grootste steenkoolkragsentrale – maar die aanleg werk tans op minder as die helfte van sy kapasiteit weens swak instandhouding.

“Dit is ʼn krisissituasie,” het Soda Zhemu, minister van energie, verlede week gesê.

Die Kariba-aanleg sal gesluit word tot die watersituasie verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

sopbeen ·

Almal eens lande met wie dit goed gegaan het totdat dit vir die mense terug gegee is om dit self te regeer.

Antie Sarie ·

Rhodesia was een van die vrugbaarste lande. Genoem die kosmandjie van Afrika. Toe word hy herdoop na Zimbabwe. It’s all in the name. As die kaders hul sin gekry het, was ons naam al lankal Azanië.

Realis Thailand ·

Jy is verkeerd dit is Ian Smith se skuld soos dit in sa die skuld van die Apartheids regering is dat eskom ondergaan
Dit is nooit hulle skuld nie

philippus ·

Waarheid daai… maar die grootste verskoning moet van John Vorster en die NP kom, wat die mes in sy rug gedruk het.

Daniel ·

Dit sal mos nooit anders wees nie kyk wie regeer die land dit sal nooit goed met hulle gaan nie En Suid Afrika is oppad soontoe

Gerhard ·

Karma……is al wat ek kan se oor Zim. Wel, as ons kyk presies waar dit so gaan, wie regeer?

Peter ·

The “rainbow continent”, what a joke, everything’s in shambles

Shakespeare ·

Gaan help jou tjommies Mal-emma. Hulle trek swaar onder JOU regerings ikone.

Gert ·

Prediker 10 vers 16 verduidelik hulle en ons land se situasie tog te mooi.

Koos 100 ·

Hoe regverdig Eskom die feit dat hulle hul eie betalende burgers se reg op elektriesiteit ontneem om aan ‘n ander land te gee???

Hennie ·

Die witman se tegnologie wat hulle so lekker aan die agterstewe byt. Maar… Hulle het grond!

Susanna ·

Was daar nie paar weke gelede beriggewing dat Zimbabwe van SA se krag netwerk verwyder is nie?

annie ·

… Mmm? So Mantashe en Gordhan stuur krag na buurlande en ons moet spartel want die ANC onthou vir ewig hoe hul rewolusionêres destyds gehelp is? Burgers van daai lande is lankal ook meer tuis hier as tuis. En dan kry die Eskom-bestuur die skuld vir kragtekorte. Dit is eerder hoër op in die staatshiërargie waar die kopprobleem lê. Met die ouderdom raak ‘n kort geheue soms ‘n probleem.

Manie ·

Waar is al die goedgelowiges wat gereken het SA sal nooit ‘n Zimbabwe word nie?

philippus ·

Vir die wat nie weet nie. Suid Afrika stuur 100mw zambie stuur 100mw en mosambiek stuur 100mw… dis die 5 ure wat hulle krag het. Ian Smith se dam.is leeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.