Vier polisiebeamptes, nog drie vas na rooftog

(Argieffoto: Kent Williamson)

Sewe verdagtes, onder wie vier polisiebeamptes en ’n Tshwane-metropolisiebeampte, is vandeesweek deur die Valke in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie, gewapende roof en ontvoering.

Volgens kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, was die verdagtes vermoedelik by ’n rooftog op 14 Junie betrokke.

“Tien verdagtes het die huis van ʼn sakevrou in Malvern in Johannesburg betree, van wie twee van die verdagtes in polisie-uniform geklee was.

“Die gewapende verdagtes het gedwonge toegang tot die huis verkry en die inwoners gedreig. Hulle het geld en selfone geëis.”

Nkwalase sê die verdagtes het die huis geplunder en die sakevrou gedwing om aanlyn op haar bank aan te meld en R200 000 uit haar sakerekening oor te betaal. Die bank het egter geweier dat sy dié bedrag onmiddellik losmaak.

“Die verdagtes het met haar na ʼn bank gery waar sy gedwing is om geld uit haar spaarrekening te onttrek. Hulle het haar ook gevra om nog geld by haar familielede te kry.

“Die vrou het ongeveer R83 000 weens die rooftog verloor.”

Sewe van die tien verdagtes is onderskeidelik op 26 en 27 Junie in hegtenis geneem en sal Woensdag (28 Junie) in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

Die Valke is ook op die spoor van nog drie verdagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Di ·

DIT sal nooit gebeur nie – Hulle word gewoonlik net “verplaas” na ‘n ander pos of Dept toe. Hoe groter krimineel jy is, hoe beter pos kan jy bekom

Magda G ·

Pateties, dink hulle is verhewe bo ander. Om tronk toe te gaan sal ook nie help nie want borgtog word te maklik toegestaan

Lillian ·

Wel gedaan Cele, jy het gekry wat jy wou hê, jou hele SAPS is ‘n gemors. Korrup tot op die been!

Waarnemer ·

So verrot is die hele regerende party…vanaf NR 1 tot en met die laagste in rang….almal ewe korrup.Daar is n go

TheSnake ·

Sjoe, een van die dae is daar geen polisie oor nie. Die polisie vang elke dag ander polisie. As kind het ons polisie en skelms gespeel. Nou speel die kinders seker polisie en polisie?

Di ·

Skokkend! Sal graag wil weet HOEVEEL persone met kriminele rekords in aangestel in die Polisie, Weermag en Metro Polisie. As mens daagliks die nuus lees blyk dit dat 90 persent van hulle skelms is. Hulle stel skelms aan om skelms te vang

Heinrich ·

Dink nie as iemand hulself met geweld in jou huis invorseer en gewere onder jou neus swaai, jy die kans gegun gaan word om doodrustig jou foon terug te druk in hulle gesigte en te vra vir ID nie.

Stofdonkie ·

Waarmee moes sy die foto’s neem as hulle haar selfoon by haar gevat het? Ek daag jou uit om vir ‘n trop skelms te sê hulle moet net eers gou poseer vir ‘n foto. Roek, jou rookgoed is te sterk vir jou, skaal af na iets wat jou nie so erg op ‘n trip sit nie.

Johann ·

Welkom in die werklike RSA . Nie die drog droom wat voorgehou is as verwagte hemel op aarde nie.

Manie ·

Jammer vir die goeie lede, maar die SAPD en Metropolisie is nou ons vyand nommer 1.

Althes ·

Die mense het goeie, stabiele werke gehad en dit verruil vir gierigheid. Ek hoop nie hul word ingedruk in die regering se werkskepping raskwotas nie wanneer vrygelaat nie

Amelia ·

sulke berigte moet die wereld in gestuur word miskien sal ander lande se oe oop gaan en geen geld meer “senk of leen” nie dalk sal daar dan iets doen word as die ministers dalk ook nie meer geld het om te bank inbsitkamer bank nie

LANA is ELANè ·

En hulle is seker reeds op borg vrygelaat met betaalde verlof van hul werkgewer, ons die belastingbetaler, af. Vieslike land waarin ons onself begeef met mense wat geen idee het van wat dit is om geregsdienaars te wees nie!!!

Casper ·

Ek neem aan hulle is positief as polisiebeamptes geïdentifiseer en nie gewone mense met polisie uniforms aan nie.Wanneer gaan Cyril besef hoedman kan nie misdaad onder beheer kry nie en kan ook nie die mag bestuur nie.Alles onder sy beheer het in chaos ontaard,forensiese,ballistiese en vuurwapens.

John ·

Dis polisie/Metro polisie is daar om jou lam te lê.

Jy mag nie reg in eie hande neem nie (want dis hulle werk), maar hulle gaan dit ook nie doen nie.
En in baie gevalle is hulle self die “probleem”.

Dis hoe ons hierdie weerlose lammertjies geword het wat deur wolwe verskeur word, terwyl die skaapwagter toekyk, of self sommer ook inspring om ”n happie te kry.

Cherokee ·

Teleurstellend dat bedrog en diefstal nou nie slegs uit polisiegeledere is, maar selfs uit die privatesektor!

Danie ·

Ek lees die kommentaar dan moet ons van die hele diens ontslae raak.Politiek het oorgeneem en hulle werk nou vir misdaad base.Jy kan soveel as moontlik afdank wat van die korrupte res.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.