Vier sterf in taxigeweld in Port Shepstone

(Foto: Arrive Alive)

Vier persone is Dinsdag oorlede in ʼn skietvoorval by die taxistaanplek in Port Shepstone, KwaZulu-Natal.

“Gewapende mans het ʼn taxi genader en op die insittende losgebrand,” sê brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie. “Vier van die insittendes is oorlede. Nog vier persone is na ʼn hospitaal geneem met skietwonde.”

Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.