Vier vas in Milnerton oor perlemoen, plante

Meer as R1 miljoen se onwettig gestroopte perlemoen en inheemse plante is by ’n eiendom in Milnerton in die Wes-Kaap gevind. (Foto: Valke)

Lede van die Maitland-blitspatrollie het Vrydagaand op meer as R1 miljoen se onwettig gestroopte perlemoen en inheemse plante by ’n eiendom in Milnerton in die Wes-Kaap beslag gelê.

Die klopjag het gevolg nadat die polisie ’n wenk ontvang het.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het polisiebeamptes die betrokke huis deursoek en 1 109 eenhede perlemoen ter waarde van R554 500, yskaste en ʼn elektroniese skaal ontdek.

Die beamptes het ook beslag gelê op inheemse plante wat na raming R500 000 werd is.

Vier verdagtes tussen 28 en 38 jaar oud is op die toneel in hegtenis geneem. Hulle word by die Milnerton-polisiestasie aangehou.

Die aanklagte hou verband met die onwettige besit van beskermde en onbeskermde inheemse plantegroei en perlemoen.

“Die verdagtes verskyn Maandag in die Kaapstad-landdroshof.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kokerboom ·

Swaarste strawwe moontlik. Verklaar hul ongewens in SA. Klug met oop grense

Leon ·

Kan ons nie dalk al die stropers van perlemoen Vaalrivier toe stuur sodat hulle die hiasinte en slaai gou kan stroop nie!

Bolandse Nooi ·

@Leon, goeie plan. Vonnis hulle tot verpligte gemeenskapsdiens. Maak ‘n “chain gang” van hulle soos in sekere state/counties van die VSA. Hulle word met kettings aan ‘n swaardiens voertuig vasgebind, opgepas deur wagte met R5’s en moet dan dwangarbeid uitvoer. Maar fooooooitog, in SA sal hul menseregte mos dan aangetas wees.

Marieta ·

Ek sou hulle na die stroop gebied toe vat en hulle verplig om elke, liewe plant terug te plant! Hulle paspoorte moet sommer ook geswartlys word, sodat hulle nie die land kan inkom nie. Ons land word leeg geplunder deur die buiteland en ons regering sit hande gevou en toe kyk!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.