Vier vas wat renosterhoring glo wou smous

soedan-wit-renoster-amy-vitale

Argieffoto: Amy Vitale/Verskaf.

Vier beskuldigdes het Maandag in die Thlabane-landdroshof verskyn op aanklag van handel in renosterhoring.

Die beskuldigdes (onderskeidelik 27, 39, 49 en 51 jaar oud) is ná ʼn geheime operasie in Rustenburg in hegtenis geneem. Die beskuldigdes was glo van plan om ʼn renosterhoring teen R65 000 te verkoop.

Inligting oor die transaksie is bekom en die polisie het kort nadat die transaksie beklink is, op die mans toegeslaan.

Al vier beskuldigdes is in aanhouding en die saak is uitgestel tot 20 Maart vir ʼn borgtogaansoek.

Genl.maj. Patrick Mbotho, hoof van die Valke in Noordwes, het die inhegtenisnemings verwelkom en die beamptes geloof vir hul vinnige optrede in reaksie op die inligting wat ontvang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Leeubekkie ·

Arme renosters, en dit alles vir geld omdat die kopers ‘n jokstorie, oor renosterhorings, glo. Dis sad:-(

Christine ·

In die hof uit die hof kry borgtog van R500 elk en dis die laaste sien van die blikkantien

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.