Vierjarige, drie ander sterf in N1-botsing

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

Vier mense, insluitend ʼn vierjarige seuntjie, is dood in ʼn trompop botsing op die N1 naby Edenburg in die Vrystaat.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn motor het reg van voor teen ʼn vragmotor gebots. “Drie mense was in die motorwrak vasgekeer. Al drie is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak het gesê die vierjarige seuntjie is sowat 20 meter van die motorwrak af gevind. “Hy is tydens die botsing uit die motor geslinger. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Vermaak is daar ook ʼn vrou in die motor gevind. “Sy was in ʼn kritieke toestand en paramedici het haar vir verskeie frakture en ʼn moontlike kopbesering behandel. Die vrou het aan paramedici verduidelik dat sy swanger is.”

Die bestuurder van die vragmotor is op die toneel vir skok behandel. Hy is nie beseer nie. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.