Vloede in Oos-Kaap eis 3

Argieffoto (Foto: Megan Swart, Maroela Media)

Minstens drie mense is sedert Vrydag in die Chris Hani-distrik in die Oos-Kaap oorlede weens buitengewone oorstromings.

“Die liggaam van ʼn onbekende vrou, ongeveer 40 jaar is, is Saterdag omstreeks 16:00 in Owenstraat naby die Komanirivier gevind,” sê kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie. “Die persoon se identiteit is nog nie bekend nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.”

In nog ʼn voorval het twee mans van Comfimbaba Vrydag in die Qumancorivier verdrink. Die voorval is Saterdag aangemeld. Die twee persone, onderskeidelik 51 jaar en 58 jaar oud, se liggame is in die rivier gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Die SA Weerdiens kan maar hul deure sluit. Hul voorspellings is totaal nutteloos en swak, voortydig, natydig en ontydig. Groot gewag word gemaak met rooi en geel met akteurs met groot vertoon en dan boems groot skade en natydige waarskuwings om weg te bly van hier of daar. Laasgenoemde is die verkeerspolisie se werk!

TruthDealer ·

Ek steur my min aan wat die weerdiens voorspel. Soms is hul reg, baie maal nie. Die natuur sal doen wat die natuur sal doen. Moeder Aarde kan ons almal afskud soos n hond waterdruppels afskud. So ons moet maar net die weer vat soos dit kom. Mense wat bly in dele wat histories vervloed word na baie reen, sal moet ander planne maak. In dele vd wêreld soos Turkye en Pakistan, Japan ens wat gereeld aardskuddings kry, is daar nou nie veel wat daardie arme mense kan doen nie. Maar in dele wat geneig is om oorstromings te kry kan daar beter beplan word waar om jou huis of opstalletjie te bou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.