Oliver Bekker het Sondag sy agtste oorwinning in die Sonskynreeks gevier nadat hy die Dimension Data Pro-Am op Fancourt ʼn tweede keer gewen het.
Lees meerAlles vir Sondag 12 Februarie 2023
Engeland wen weer op Twickenham
Dit was die Rose se eerste oorwinning onder die toesig van die nuwe hoofafrigter Steve Borthwick.
Proe dié Portugese tafelwyne en verbreed jou horisonne
Elkeen van die gewildste Portugese kultivars spog nou ook met hul eie internasionale gedenkdae, waaronder portstylwyne op 27 Januarie; en Tempranillo op 9 November.
Rugbyafrigter têkkel nuwe wêreldrekord
Martin Eksteen het twee dae lank konstant op sy voete gebly en rugby afgerig. Hy het vir Maroela Media vertel van sy poging om ʼn nuwe wêreldrekord op te stel.
Ma verdwyn onverklaarbaar spoorloos
“Dit is ʼn tuimeltrein. Dit is byna soos ʼn marteling – die wanhoop, die ondenkbare frustrasie … ons het iets nodig, enigiets, ʼn stukkie inligting wat ons in ʼn ander rigting kan stuur,” het sy bygevoeg.”
Sunrisers is SA20-wenners!
Die Sunrisers Eastern Cape – met Roelof van der Merwe en Adam Rossington voor in die koor – het die Pretoria Capitals in die SA20-eindstryd op die Wanderers geklop.
Wes-Kaap wil weet wat is die kragplan
Die Wes-Kaapse regering wil weet watter rampbestuurplanne die provinsiale departement van plaaslike regeringsake gereed het indien Suid-Afrika se kragnetwerk in sy geheel ineen sou stort.
Vloede in Oos-Kaap eis 3
Minstens drie mense is sedert Vrydag in die Chris Hani-distrik in die Oos-Kaap oorlede weens buitengewone oorstromings.
Vier dood tydens skietery by huis in Oos-Kaap
“Elf mense, ses vroue en vyf mans, almal in hul 20’s, het by die huis gekuier toe drie onbekende mans by die huis ingestorm en op hulle gevuur het.”
Nuwe dokkie wys hoe Silwerskermfees SA-flieks vlerke gee
“Die Silwerskermfees speel ’n uiters belangrike rol in die voortbestaan van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf,” sê Waldimar Pelser, M-Net Direkteur: Premium Kanale.
Toeris van Tafelberg gered
“Ondanks die feit dat hy van ʼn baie kouer klimaat af kom, het die warm weer Saterdag hom nie ontmoedig om Tafelberg uit te klim nie.”
Alle paaie in suide van Krugerwildtuin gesluit
Teen Sondagmiddag vroeg was die enigste pad uit Nelspruit in die rigting van Middelburg en Gauteng via Badplaas, Carolina en ʼn aansluiting met die N4 by Wonderfontein.
Vuur in die water – Midmar wéér ʼn sukses
Oudergewoonte was daar weer ʼn spul hoogtepunte by die Midmarmyl in KwaZulu-Natal. Mike Pengelly het onder meer sy 50ste swemavontuur suksesvol voltooi.
Lig te midde van duisternis in Sirië
Toe ʼn aardbewing van 7,8 die suidooste van Turkye en die noorde van Sirië getref het, het sendelinge van Suid-Afrika gewens hulle kon hul mede-Christene hier direk bystaan.
Singapoer-Classic: Strydom vat weer voor
Ockie Strydom was Sondagoggend nog met vier houe agter toe hy in die laaste ronde afgeslaan het. Hy het nege voëltjies aangeteken en die voorlopers gou ingehaal.
Altyd voorwaarts vir Marlie Coetzee van VivA
“Hierdie tipe sukses word nie net deur ʼn individu bereik nie, maar deur ʼn span en met harde werk.”
Landboukomitee versaak boere tydens kragkrisis
“Daar is tot dusver nog geen plan op die tafel om boere en voedselveiligheid te red nie.”
Video: Otter jaag knape in Simonstad
Die video is reeds meer as 13,4 miljoen keer gekyk.
Nieu-Seeland staal homself vir impak van sikloon Gabrielle
Inwoners is Sondag gewaarsku om gereed te maak om moontlik te ontruim.
Video: Nederige Ndavi steeds trotse plattelandse meisie
“Ek is tot vandag toe ʼn trotse Vossie,” vertel die 23-jarige.